Caster kwalifiseer nie vir Spele nie

Caster kwalifiseer nie vir Spele nie

Caster Semenya het die vyfduisend-meter by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap in Pretoria gewen, maar kon nie Olimpiese kwalifiserende tyd behaal nie. Die Olimpiese 800-meter-kampioen se tyd was 15-minute-52,28-sekondes terwyl die kwalifiserende tyd 15-minute-10-sekondes is. Dit is wel Semenya se persoonlike beste wat haar vorige rekord van 16-minute-14,43 verpletter. Sy kan nie aan die 800-meter by die Olimpiese Spele deelneem nie weens Wêreldatletiek se reëls oor atlete met verskille in seksuele ontwikkeling. In haar stryd teen die verbod gaan Semenya haar wend tot die Europese Hof vir Menseregte in Straatsburg, Frankryk.