Brandstofprys verligting vir SA?

Sukkelende verbruikers in Suid-Afrika kan dalk uitsien na goeie nuus oor brandstofpryse. Die Automobiel-Assosiasie bereken die dieselprys kan met 32-sent per liter daal en dié van paraffien met 27-sent. Die AA voorspel op die oomblik ‘n styging van ses-sent per liter in die petrolprys, maar voeg by die rand se prestasie kan dit in ‘n daling verander. Die plaaslike geldeenheid het sedert die middel van verlede maand met byna 50-sent teen die Amerikaanse dollar versterk. Dit is nie bekend of Namibiese verbruikers dieselfde verligting sal geniet nie omdat die brandstofprys reeds laer is as in die buurland.