Betoging buite Luthuli-huis

ANC-lede het voor Luthuli-huis in Johannesburg byeengekom ter ondersteuning van die Sekretaris-Generaal Ace Magashule en ander lede wat van korrupsie beskuldig word. Die groep betoog teen die resolusie dat lede wat betrokke is by korrupsie en ernstige misdade binne 30 dae opsy moet staan of hulle sal geskors word. Die party het onlangs ‘n beroep op alle provinsiale takke gedoen om die lys van betrokke lede in te dien. Die keerdatum is vandag om 17:00. Die sameroeper, Thabo Baleni, sê die betoging is ‘n oproep vir eenheid in die ANC: