Groot oorwinning vir swart vroue in SA

Die Konstitusionele Hof in Suid-Afrika het ‘n vroeëre beslissing van die Hooggeregshof in Durban gehandhaaf dat ‘n gedeelte van die Wet op Huweliksgoedere van 1984 ongrondwetlik en ongeldig is. Vroeëre wetgewing onder die apartheidsregering het beslis dat swart egpare in siviele of geregistreerde huwelike outomaties in gemeenskap van goedere is. ‘n Gedeelte van die wet is in 1988 verander sodat swart egpare kon kies hoe hulle getroud wil wees. Die wysiging het egter nie betrekking gehad op meer as 400 000 huwelike wat voor 1988 gesluit is nie.