Prokureur bied sy dienste aan Zuma aan
Nuusagentskappe berig dat ʼn Suid-Afrikaanse menseregteprokureur, Richard Spoor, op Twitter aangebied het om sy dienste pro-bono aan oudpresident Jacob Zuma te lewer. Dit kom nadat Zuma se regspan vroeër vandeesweek aangekondig het dat hulle nie meer oudpresident Zuma sal verteenwoordig nie. Die rgespan het onttrek weke voor Zuma se korrupsieverhoor wat op 17 Mei sal […]
Namibië se Olimpiese atlete vandag bekendgestel
Namibië se Olimpiese atlete sal vandag aan die publiek bekend gestel word by ‘n geleentheid wat deur die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee gereël word. Die atlete sal by die Wernhil Inkopiesentrum wees soos die Sekretaris-Generaal van die komitee Joan Smit verduidelik.
Namibiese Gelyke Regte Beweging oor Phillip Lühl se tweeling dogters.
Die Namibiese Gelyke Regte Beweging sal Maandag weer ‘n perskonferense hou en ‘n beroep op die nuwe Minister van Binnelandse Sake, Albert Kawana doen in verband met die aansoek vir noodreisdokumente vir Phillip Lühl se tweeling dogters. ‘n Mede stigter van die beweging Omar van Reenen sê die behandeling van die LGBTQ-gemeenskap herinner aan apartheid.
Rondloper olifant gaan as trofee gejag word
Die Namibiese Ministerie van die Omgewing en Toerisme het bekendgemaak dat ‘n rondloper olifant wat ‘n tydlank al op plase tussen Otjiwarongo en Otavi opgemerk is en skade aangerig het aan heinings en eiendom as trofee gejag gaan word. Volgens ‘n verklaring van die ministerie is die besluit geneem omdat die olifant ook ‘n bedreiging […]
Die Valke in Suid-Afrika ondersoek bewerings deur Tokyo Sexwale
Die Valke in Suid-Afrika het bevestig dat hulle bewerings deur Tokyo Sexwale ondersoek van geld wat na bewering van ‘n sogenaamde Erfenisfonds gesteel is. Die ANC-veteraan voer aan die geld is by die buurland se Reserwebank gehou is en dit is toe onwettig na rekenings van kommersiële banke en sekere individue oorgeplaas. Die geld was […]
Voëlgriep is by ’n derde hoenderplaas in Suid-Afrika bevestig
Voëlgriep is by ’n derde hoenderplaas in Suid-Afrika , in die Tswane-metrogebied bevestig. Dit volg na die siekte reeds op plase in Ekhuruleni en Potchefstroom uitgebreek het. Meer as 270 000 hoenders is reeds vankant gemaak. ‘n Woordvoerder van die buurland se Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Reggie Ngcobo, sê die hoenders is […]
Die Bastergemeenskap stem vandag vir nuwe Kaptein
Die Bastergemeenskap van Namibië stem vandag om ‘n nuwe Kaptein te kies.Die voormalige Kaptein John McNab is verlede jaar oorlede. Jade Izaaks, die Rehoboth Baster Gemeenskap se woordvoerder.
President Geingob besoek vandag Kavango-Oos President Hage Geingob as President van Swapo
President Hage Geingob as President van Swapo sal vandag die Kavango Oos-streek besoek om Swapo se 61ste verjaarsdag te vier. Die streek se kantore word ook amptelik geopen. Austin Samupwa, Swapo se Uitvoerende Direkteur in die streek het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Suid-Afrika A wen die eerste wedstryd in die Castle Lite krieket-reeks teen Namibië
Die Castle Lite -reeks tussen die Eagles van Namibië en Suid-Afrika A word vandag in die hoofstad voortgesit. Die besoekers het die eerste kragmeting met 169 lopies met nog 5 paaltjies staande gewen. Die reeks maak deel uit van die Eagles se voorbereiding vir die T-20 Wêreldbeker wat in Oktober plaasvind.
90 Leerders en 10 onderwysers onder 211 nuwe Covid-gevalle in die land
Daar is 90 leerders, 10 onderwysers en 8 gesondheidswekers onder die 211 nuwe Covid-19 gevalle in die land. Van die 211 gevalle het Windhoek 46. Die Kunene-streek het 35 aangemeld en Hardap 23 met 22 in Rehoboth. Ohangwena het 19 en Oshikoto 18. Daar is 17 gevalle in Erongo en 15 in Otjozondjupa. Die Kavango […]