Voëlgriep is by ’n derde hoenderplaas in Suid-Afrika bevestig

Voëlgriep is by ’n derde hoenderplaas in Suid-Afrika , in die Tswane-metrogebied bevestig. Dit volg na die siekte reeds op plase in Ekhuruleni en Potchefstroom uitgebreek het. Meer as 270 000 hoenders is reeds vankant gemaak. ‘n Woordvoerder van die buurland se Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, Reggie Ngcobo, sê die hoenders is onder toesig van staatsveeartsenykundiges vankant gemaak.