Rondloper olifant gaan as trofee gejag word

Die Namibiese Ministerie van die Omgewing en Toerisme het bekendgemaak dat ‘n rondloper olifant wat ‘n tydlank al op plase tussen Otjiwarongo en Otavi opgemerk is en skade aangerig het aan heinings en eiendom as trofee gejag gaan word. Volgens ‘n verklaring van die ministerie is die besluit geneem omdat die olifant ook ‘n bedreiging inhou vir die groot getalle buffels in die Waterberg Plato Park, wat uit die park kan beweeg as die dier, wat nou in die omgewing van die park rond beweeg, skade aan die park se heingings aanrig. Die inkomste wat met die jag van die olifant as trofee gerealiseer word sal volgens die ministerie tussen die boere wat skade gelei het en die Game Product Trust Fund verdeel word.