Prokureur bied sy dienste aan Zuma aan

Nuusagentskappe berig dat ʼn Suid-Afrikaanse menseregteprokureur, Richard Spoor, op Twitter aangebied het om sy dienste pro-bono aan oudpresident Jacob Zuma te lewer. Dit kom nadat Zuma se regspan vroeër vandeesweek aangekondig het dat hulle nie meer oudpresident Zuma sal verteenwoordig nie. Die rgespan het onttrek weke voor Zuma se korrupsieverhoor wat op 17 Mei sal begin.