Die Valke in Suid-Afrika ondersoek bewerings deur Tokyo Sexwale

Die Valke in Suid-Afrika het bevestig dat hulle bewerings deur Tokyo Sexwale ondersoek van geld wat na bewering van ‘n sogenaamde Erfenisfonds gesteel is. Die ANC-veteraan voer aan die geld is by die buurland se Reserwebank gehou is en dit is toe onwettig na rekenings van kommersiële banke en sekere individue oorgeplaas. Die geld was glo bedoel vir infrastruktuur-ontwikkelingsprogramme op die vasteland en in alle eilandstate in die Indiese Oseaan. ‘n Woordvoerder van die Valke, Katlego Mogale het bevestig ‘n saak van bedrog word ondersoek maar dit is voortydig om oor die name van verdagtes te bespiegel.