90 Leerders en 10 onderwysers onder 211 nuwe Covid-gevalle in die land

Daar is 90 leerders, 10 onderwysers en 8 gesondheidswekers onder die 211 nuwe Covid-19 gevalle in die land. Van die 211 gevalle het Windhoek 46. Die Kunene-streek het 35 aangemeld en Hardap 23 met 22 in Rehoboth. Ohangwena het 19 en Oshikoto 18. Daar is 17 gevalle in Erongo en 15 in Otjozondjupa. Die Kavango Oos-streek het 13 en die res is landwyd versprei. Daar is op die oomblik 1 472 aktiewe gevalle met 142 wat herstel het. Ses sterfgevalle is bevestig.