Huwelike bo Rooilyn outyds

Die situasie met huwelike wat bo die Rooilyn in die eg verbind word, bly steeds ‘n uitdaging. In 2018 het die Wetshervorming Ontwikkelingskommissie aangedui dat die sogenaame Rooilynwet vervang moet word waar die stelsel van huwelike binne gemeenskappe van goedere steeds geld. Die Uitvoerende Direkteur van die Namibiese Ministerie van Justisie, Glady Pickering, sê dit […]

Read More

Wynplaas gaan groen

‘n Wes-Kaapse wynplaas, Cederberg, het hom tot volhoubaarheid verbind met die oprigting van ‘n sonkrag-aanleg. Die plaas is in ‘n bewaringsgebied in die Cederberg-munisipaliteit geleë en het kampioenstatus van die Wêreldwye Fonds vir die Natuur ontvang in herkenning van sy herwinningspraktyke in boerdery. Die wynmaker, David Nieuwoudt, sê toe opknappingswerk tien jaar gelede gedoen is, […]

Read More

Boulter kan dalk met getuies inmeng

Landdros Immanuel Udjombala het vanmiddag in die Outjo-landdroshof gesê dit sal nie in openbare belang wees om borgtog aan die Britse moordbeskuldigde, Harvey Boulter, toe te staan nie. Hy kan ook moontlik met getuies inmeng. Boulter word daarvan aangekla dat hy sy plaasbestuurder, Gerhard van Wyk, op die plaas Kaross in die Kamanjab-distrik op 27 […]

Read More

SANParke-hoof in hof vir seksuele aanranding

Die uitvoerende hoof van SANParke, Fundisele Mketeni, is op spesiale verlof geplaas ná sy hofverskyning weens bewerings van seksuele aanranding. Mketeni, twee ander manlike werknemers van SANParke, sowel as ‘n vrou wat nie ‘n werknemer is nie, het vandag in die hof verskyn nadat die aanklagte Vrydag in Skukuza in die Kruger-wildtuin ingedien is. SANParke […]

Read More

Ace moet ANC-partylede respekteer

Die ANC verwag dat die party se geskorste Sekretaris-Generaal Ace Magashule hierdie week in die openbaar verskoning sal aanteken. Die Adjunk-Sekretaris-Generaal Jessie Duarte het die Suid-Afrikaanse media toegespreek oor die uitslag van die NUK se vergadering. Sy sê die party eis die dringende onttrekking van Magashule se verklaring oor President Cyril Ramaphosa se skorsing. Sy […]

Read More

Namibiër vertel uit Rusland oor skietvoorval

‘n Namibiër en voormalige omroeper van Kosmos 94.1, Luandi Nel, wat in Kazan in Rusland woon waar die skoolskietery plaasgevind het, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus, dat die voorval omstreeks half-10 gebeur het. Sy sê ‘n 19-jarige oudleerling het by die skool ingestap en begin skote afvuur. Sewe kinders tussen die ouderdomme van 13 en […]

Read More

Vissermanne, mynwerkers nuwe Covid-gevalle

Die Namibiese Gesondheidsministerie het 92 nuwe Covid-gevalle uit 1 173 toetsresultate aangekondig. Uit die groep is 3 leerlinge, 4 studente, 1 elk onderwyser en gesondheidswerker, 5 mynwerkers en 7 in die visserybedryf. Vyf sterfgevalle is aangemeld en 134 mense het herstel.

Read More

Forum vir Duitssprekende Namibiërs gestig

Die Forum van Duitssprekende Namibiërs is onlangs gestig. Sowat 100 lede het aan die digitale vergadering deelgeneem en as lede ingeskryf. Een van die hoofdoelwitte van die Forum is, om die Duitssprekende gemeenskap tot ‘n meer aktiewe deelname in die Namibiese samelewing te motiveer. Dit behels onder meer ‘n groter betrokkenheid in politieke, ekonomiese, sosiale […]

Read More

Indiese krieketspelers ontvang Covid-inentings

Indiese krieketspelers het op die vooraand van hul toer na Engeland aanstaande maand, hul eerste dosis van Covid-inentings gekry. Indië is tans die land waar die meeste sterfgevalle per dag aangemeld word.

Read More

Old Mutual in top-10

Die 2021 Handelsmerk Finansiële Verslag het Old Mutual as die 10de sterkste versekeringsmaatskappy ter wêreld gelys. Alhoewel die maatskappy vanjaar vanaf die 4de tot die 9de plek gesak het, bly Old Mutual steeds die enigste versekeraar in Afrika op dié toplys. Kommunikasiebestuurder van Old Mutual Namibia, Mauriza Fredricks, het haar opgewondenheid met Kosmos 94.1 Nuus […]

Read More