Krag word Maandag na verskeie dorpe, staatsinstellings en ministeries afgeskakel

Sestien Namibiese dorpe, twee staatsinstellings en twee ministeries sal eerskomende Maandag vir vier ure sonder elektrisiteit moet klaarkom indien hulle nie afbetalingsooreenkomste vir agterstallige skuld met die nasionale kragvoorsiener nakom nie. Volgens NamPower se skuld invorderingsplan wat lang agterstallige rekenings teiken, sal krag op ‘n skedule afgeskakel word. Die skedule vind in 9 fases plaas en begin met 4 ure sonder krag, weekliks. Sou betaling nie gedoen word nie sal die kragonderbrekings stelselmatig toeneem tot volle betaling gemaak is.