Meer oor prins Philip se begrafnis

Prins Philip van Brittanje gaan nie in staatsie lê nie en gaan nie ‘n staatsbegrafnis kry nie. Dit is bevestig na koningin Elizabeth se man van meer as 73 jaar gisteroggend oorlede is. Die hertog van Edinburgh het slegs twee maande voor sy honderdste verjaardag gesterf. Hy wou glo nie ‘n staatsbegrafnis hê nie en sy liggaam gaan by die Windsor-kasteel gehou word tot hy te ruste gelê word. Die begrafnis gaan in die St George-kapel op die landgoed gehou word. Die publiek is versoek om dit weens Covid-19-beperkings nie te probeer bywoon nie.