Leerders, studente en onderwysers onder jongste Covid-19 gevalle

Daar is 14 leerders, 4 studente, 3 onderwysers en 3 gesondheidswerkers onder die 139 nuwe Covid -19 gevalle in die land. Die aantal sterftes staan nou op 559. Die aktiewe gevalle is 1 140, met 43 483 mense wat reeds herstel het. Nog 72 mense is teen Covid-19 ingeënt met die totaal nou op 2 598 vir Khomas en Erongo .