Wêreldleiers betuig medelye en empatie met die dood van prins Philip van Brittanje.

Leiers van regoor die wêreld het hulle medelye en empatie betuig met die dood van prins Philip van Brittanje. Hy is gisster in die ouderdom van 99 jaar oorlede.Die Britse premier, Boris Johnson, het in sy reaksie gesê prins Philip het die liefde van geslagte in die Statebond en die res van die wêreld verdien. Daar sal vandag bekendgemaak word wanneer prins Philip begrawe gaan word en wat se begrafnis hy sal kry Wyle Prins Philip se wens was dat daar geen groot ophef van sy begrafnis gemaak moet word nie. Hy is die eerste senior koninklike wat sterf sedert prinses Diana in 1997 en die koniginmoeder in 2002. Hilda Schoeman wat in Brittanje woon oor hoe gewone Britte sy dood verwerk. Hilda Schoeman Saterdag