Sasco gaan volhou met protesoptrede
Die South African Students Congress, Sasco, is vasbeslote om met hulle versetoptrede by die Mangosuthu-universiteit van Tegnologie in Umlazi voort te gaan, ondanks gister se besoek van die KwaZulu-Natalse LUR vir Onderwys, Kwazi Mshengu. Hy het gesê studente het ingestem om betogings te staak ná samesprekings. ‘n Woordvoerder van Sasco, Luyanda Chiliza, sê daar is […]
Voormalige Sekretaris-Generaal van Swapo oor beweerde verskille in die party
Die voormalige Sekretaris-Generaal van Swapo het gereageer op berigte dat daar verskille in die party is.Pendukeni Ivula Ithana sê die party sal moet begin praat met die leierskap. Sy het haar mening in die verband so verwoord.
Reën is nou eers verby
Dit wil volgens die jongste weermodelle voorkom of toestand vir reën nie baie gunstig is nie en droë toestande oor die land sal voorkom. Odillo Kgobetsi van die Namibiese Weerkantoor in die hoofstad het die voorspelling… Odillo Kgobetsi Saterdag
Meer oor prins Philip se begrafnis
Prins Philip van Brittanje gaan nie in staatsie lê nie en gaan nie ‘n staatsbegrafnis kry nie. Dit is bevestig na koningin Elizabeth se man van meer as 73 jaar gisteroggend oorlede is. Die hertog van Edinburgh het slegs twee maande voor sy honderdste verjaardag gesterf. Hy wou glo nie ‘n staatsbegrafnis hê nie en […]
Zuma gevra oor gepaste vonnis
Hoofregter Mogoeng Mogoeng van Suid-Afrika het oudpresident Jacob Zuma beveel om ‘n beëdigde verklaring in te dien waarin hy ‘n gepaste vonnis uiteensit indien hy skuldig bevind sou word aan minagting van die hof. Zuma is ook versoek om ‘n inset te lewer oor die aard van die gevangenisstraf wat hy opgelê moet word. Sodra […]
Krag word Maandag na verskeie dorpe, staatsinstellings en ministeries afgeskakel
Sestien Namibiese dorpe, twee staatsinstellings en twee ministeries sal eerskomende Maandag vir vier ure sonder elektrisiteit moet klaarkom indien hulle nie afbetalingsooreenkomste vir agterstallige skuld met die nasionale kragvoorsiener nakom nie. Volgens NamPower se skuld invorderingsplan wat lang agterstallige rekenings teiken, sal krag op ‘n skedule afgeskakel word. Die skedule vind in 9 fases plaas […]
Tekort aan voorraad bloed in die land
Bloedskenkings red nie net lewens nie maar hou ook voordele vir die skenker in veral met hartkwale en uitdagings met ystervlakke. Die Namibiese Bloedoortappingsdiens het weer ‘n tekort aan voorraad en sal sessies vir skenkings vanaf vandag af aanbied. Titus Shivute, die diens se Skakelbeampte het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.Titus Shivute Saterdag
Zimbabwe se tabak-oes lyk goed
Zimbabwe is bekend vir sy tabak-uitvoere, en dit wil volgens berigte uit die buurland voorkom asof die oes die jaar moontlik met 9 persent sal groei tot 200 000 metrieke ton. Verlede jaar se oes was 184 000 metrieke ton .Die Zimbabwiese Ekonoom Eddie Cross sê die sektor groei… Eddie Cross Saterdag Nuus
Wêreldleiers betuig medelye en empatie met die dood van prins Philip van Brittanje.
Leiers van regoor die wêreld het hulle medelye en empatie betuig met die dood van prins Philip van Brittanje. Hy is gisster in die ouderdom van 99 jaar oorlede.Die Britse premier, Boris Johnson, het in sy reaksie gesê prins Philip het die liefde van geslagte in die Statebond en die res van die wêreld verdien. […]
Leerders, studente en onderwysers onder jongste Covid-19 gevalle
Daar is 14 leerders, 4 studente, 3 onderwysers en 3 gesondheidswerkers onder die 139 nuwe Covid -19 gevalle in die land. Die aantal sterftes staan nou op 559. Die aktiewe gevalle is 1 140, met 43 483 mense wat reeds herstel het. Nog 72 mense is teen Covid-19 ingeënt met die totaal nou op 2 […]