Grace het nie Shona-tradisies gevolg nie, Mugabe dalk oorbegrawe
Die voormalige presidentsvrou van Zimbabwe, Grace Mugabe is oor die kole gehaal deur ‘n invloedryke tradisionele leier Hoofman Zvimba van die Shona-volk. Na wat berig word het sy nie haar ontslape man, die voormalige president, Robert Mugabe korrek begrawe nie. Sy meot voor die tradisionele owerheid verskyn en ‘n boete betaal. Berigte lui ook dat […]
NBC-betoging tans by parlementsgebou
Die betoging deur NBC-werkers en ondersteunende vakbonde is tans buite die parlementsgebou in die hoofstad. Hulle is toegang na die perseel geweier. Hulle wil ‘n petisie oorhandig maar eis dat die Speaker of Eerste Minister dit ontvang.
Man City vier steeds fees
Manchester City se ondersteuners vier steeds fees nadat die span gisteraand die Engelse Premierskaps-titel die vyfde keer opgeraap het. Die span is as kampioene gekroon nadat Manchester United teen Leicester verloor het, en bestuurder Pep Guardiola en sy span hulle derde titel die afgelope vier jaar ingepalm het. Hy het City gehelp om sedert 2016 agt belangrike trofeë te […]
Indiese owerhede het kommer ook lyke wat gestort word in Ganges
Federale owerhede in Indië het provinsiale regerings gemaan om te verhoed dat liggame van persone wat dood is aan Covid-19 in die Ganges-rivier gestort word. In die afgelope paar dae is ten minste 96 liggame in die rivier in die Bihar en Uttar Pradesh provinsies opgemerk. Owerhede sê pogings om die persone te identifiseer het […]
Grace het nie Shona-tradisies gevolg nie, Mugabe dalk oorbegrawe
Die voormalige presidentsvrou van Zimbabwe, Grace Mugabe is oor die kole gehaal deur ‘n invloedryke tradisionele leier Hoofman Zvimba van die Shona-volk. Na wat berig word het sy nie haar ontslape man, die voormalige president, Robert Mugabe korrek begrawe nie. Sy meot voor die tradisionele owerheid verskyn en ‘n boete betaal. Berigte lui ook dat […]
Besigheidseienaars word opgelei
SME’s Compete bied ‘n program aan om jong mense op te lei oor hoe om ‘n besigheid te bestuur. Die drie daagse program behels verskillende besigheidsaspekte. Danny Meyer van SME’s Compete het meer oor die kursus.
Lühl-Delgado kinders moet aansoek doen by Meksiko
Plaaslike media berig dat Namibiese owerhede van Binnelandse Sake die twee-jarige seun van Phillip Lühl en Guillermo Delgado, Yona, met ‘n sogenaamde bruin paspoort voorsien het sodat hy na Suid-Afrika kan reis en daar aansoek doen vir Meksikaanse burgerskap. Die bruin paspoort word gebruik vir vlugtelinge wat geen geboorteland het nie. Delgado is afkomstig van […]
Israel verklaar noodtoestand in Lod
Israel het ‘n noodtoestand in die stad Lod verklaar. Daar word berig Lod was die toneel van twee nagte se oproerigheid deur Arabiese Israeli’s waartydens sinagoges en Joodse skole volgens berigte aan die brand gesteek is, terwyl Israel se interne stryd dreig om meer ontwrigtend as die vuurpylaanvalle uit Gasa te wees. Minstens 40 mense […]
Lande behandel mekaar nie so nie – Mbumba
Die Adjunk President Nangolo Mbumba het sy misnoeë uitgespreek oor kritiek dat President Hage Geingob vandag die Ugandese President Yoweri Museveni se inhuldiging in Kampala bywoon. Kritici meen dat Museveni het nie op ‘n regverdige manier die afgelope verkiesing gewen nie. Mbumba het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Nantu stap saam met NBC
NBC-werkers wat sedert 23 April staak, gaan, saam met verskeie vakbonde, vandag ‘n landswye vreedsame protesoptog hou. Petisies sal by verskeie kantore oorhandig word. Die onderwysvakbond Nantu sê hy staan in solidariteit met die werkers en neem deel aan die optog wat nou begin. Die Sekretaris-Generaal van Nantu, Gades Andumba, het met Kosmos 94.1 Nuus […]