Grace het nie Shona-tradisies gevolg nie, Mugabe dalk oorbegrawe

Die voormalige presidentsvrou van Zimbabwe, Grace Mugabe is oor die kole gehaal deur ‘n invloedryke tradisionele leier Hoofman Zvimba van die Shona-volk. Na wat berig word het sy nie haar ontslape man, die voormalige president, Robert Mugabe korrek begrawe nie. Sy meot voor die tradisionele owerheid verskyn en ‘n boete betaal. Berigte lui ook dat die owerheid meen Mugabe moet oorbegrawe word. Die Zimbabwiese Politieke Ontleder Setfree Mafukidze…