Man City vier steeds fees

Manchester City se ondersteuners vier steeds fees nadat die span gisteraand die Engelse Premierskaps-titel die vyfde keer opgeraap het. Die span is as kampioene gekroon nadat Manchester United teen Leicester verloor het, en bestuurder Pep Guardiola en sy span hulle derde titel die afgelope vier jaar ingepalm het. Hy het City gehelp om sedert 2016 agt belangrike trofeë te wen. Hy sal na verwagting tot in 2023 by die span aanbly nadat sy kontrak verlede jaar verleng is.