Nujoma is bron van wysheid – Geingob
President Hage Geingob sê die Stigterspresident Sam Nujoma is reeds vir dekades ‘n bron van krag en wysheid vir Namibiërs. Nujoma vier vandag sy 92ste verjaardag met ‘n kleiner partytjie as normaalweg, as gevolg van Covid. Nujoma se Senior Assistent Paul Shipale het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Aanbod vir Safari Hotel
Kasada Capital Management, ‘n internasionale beleggingsgroep wat veral in die gasvryheidsektor in Afrika suid van die Sahara belê, het die Safari Hotel en Konferensiesentrum in die hoofstad aangekoop. Luidens ‘n verklaring sal meer as 100 miljoen Amerikaanse doller in die hotel belê word en ‘n verdere 150 werksgeleenthede sal geskep word. Die koop is steeds […]
N$12m vir boere in droë Wes-Kaap
Droogte-geteisterde boere in die Wes-Kaap het hulp van meer as 12 miljoen Namibiese doller ontvang. Die LUR vir Landbou, Ivan Meyer, sê verdere ondersteuning word gegee in die vorm van slypskole om boere by te staan met die instel van risikoverminderings-planne op hul plase. Meyer sê dit is ook ‘n manier om die bedryf voor […]
Grace het nie Shona-tradisies gevolg nie, Mugabe dalk oorbegrawe
Die voormalige presidentsvrou van Zimbabwe, Grace Mugabe is oor die kole gehaal deur ‘n invloedryke tradisionele leier Hoofman Zvimba van die Shona-volk. Na wat berig word het sy nie haar ontslape man, die voormalige president, Robert Mugabe korrek begrawe nie. Sy meot voor die tradisionele owerheid verskyn en ‘n boete betaal. Berigte lui ook dat […]
NBC-betoging tans by parlementsgebou
Die betoging deur NBC-werkers en ondersteunende vakbonde is tans buite die parlementsgebou in die hoofstad. Hulle is toegang na die perseel geweier. Hulle wil ‘n petisie oorhandig maar eis dat die Speaker of Eerste Minister dit ontvang.
Man City vier steeds fees
Manchester City se ondersteuners vier steeds fees nadat die span gisteraand die Engelse Premierskaps-titel die vyfde keer opgeraap het. Die span is as kampioene gekroon nadat Manchester United teen Leicester verloor het, en bestuurder Pep Guardiola en sy span hulle derde titel die afgelope vier jaar ingepalm het. Hy het City gehelp om sedert 2016 agt belangrike trofeë te […]
Indiese owerhede het kommer ook lyke wat gestort word in Ganges
Federale owerhede in Indië het provinsiale regerings gemaan om te verhoed dat liggame van persone wat dood is aan Covid-19 in die Ganges-rivier gestort word. In die afgelope paar dae is ten minste 96 liggame in die rivier in die Bihar en Uttar Pradesh provinsies opgemerk. Owerhede sê pogings om die persone te identifiseer het […]
Grace het nie Shona-tradisies gevolg nie, Mugabe dalk oorbegrawe
Die voormalige presidentsvrou van Zimbabwe, Grace Mugabe is oor die kole gehaal deur ‘n invloedryke tradisionele leier Hoofman Zvimba van die Shona-volk. Na wat berig word het sy nie haar ontslape man, die voormalige president, Robert Mugabe korrek begrawe nie. Sy meot voor die tradisionele owerheid verskyn en ‘n boete betaal. Berigte lui ook dat […]
Besigheidseienaars word opgelei
SME’s Compete bied ‘n program aan om jong mense op te lei oor hoe om ‘n besigheid te bestuur. Die drie daagse program behels verskillende besigheidsaspekte. Danny Meyer van SME’s Compete het meer oor die kursus.
Lühl-Delgado kinders moet aansoek doen by Meksiko
Plaaslike media berig dat Namibiese owerhede van Binnelandse Sake die twee-jarige seun van Phillip Lühl en Guillermo Delgado, Yona, met ‘n sogenaamde bruin paspoort voorsien het sodat hy na Suid-Afrika kan reis en daar aansoek doen vir Meksikaanse burgerskap. Die bruin paspoort word gebruik vir vlugtelinge wat geen geboorteland het nie. Delgado is afkomstig van […]