Aanbod vir Safari Hotel

Kasada Capital Management, ‘n internasionale beleggingsgroep wat veral in die gasvryheidsektor in Afrika suid van die Sahara belê, het die Safari Hotel en Konferensiesentrum in die hoofstad aangekoop. Luidens ‘n verklaring sal meer as 100 miljoen Amerikaanse doller in die hotel belê word en ‘n verdere 150 werksgeleenthede sal geskep word. Die koop is steeds onderhewig aan goedkeuring van die Namibiese Mededingingskommissie. Rodrigo Pimenta, Direkteur van die hotel het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.