
R300 miljoen by Nasionale Loterykommissie gesteel - March 2, 2022
Die Spesiale Ondersoekeenheid sê hulle is besig om ‘n verslag op te stel wat sal wys hoe meer as 300 miljoen rand gesteel en wanbestee is van die Nasionale Loterykommissie. Die eenheid het vandag aan die parlement gesê hy het die name van Lotery-raadslede, wat by die plundering van fondse betrokke was, vir vervolging gestuur. […]
Duidelikheid gevra oor Johannesburg se beleid oor ontwikkelingsbydrae - March 2, 2022
Die Stad Johannesburg se departement van ontwikkelingsbeplanning is ontsteld omdat die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Eiendomseienaars die instel van die beleid oor ontwikkelingsbydrae in die hof wil uitdaag. Sapoa het intussen ‘n beroep op beleggers en ontwikkelaars gedoen om verdere beleggings in die stad terug te hou. Die stad se woordvoerder, Poppy Louw, sê ontwikkelingsbydraes is […]
Hof skort koning Zwelithini se uitvoering van boedel op - March 2, 2022
Die hooggeregshof in Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal het koningin Sibongile Dlamini-Zulu se burgerlike huwelik-aansoek vir 50 persent van wyle koning Goodwill Zwelithini Zulu se boedel, met koste van die hand gewys. Ma Dlamini-Zulu en haar twee dogters, prinses Ntandoyenkosi en prinses Ntombizosuthu Zulu-Duma van die AmaZulu-koninklike familie in KwaKhangelamankengane het die aansoek ingedien. Die koningin het […]
Werkers van Rehoboth-dorpsraad eis salarisverhogings - March 2, 2022
Werkers van die Rehoboth-dorspraad het vandag ‘n vreedsame betoging op die dorp gehad en eis onder meer salarisverhogings. Hulle het ‘n petisie aan die burgemeester, Enrico Junias, oorhandig. Volgens die petisie het hulle geen salarisverhogings sedert die 2020/2021 finansiële jaar gehad nie en werkers wag sedert Julie verlede jaar vir salarisaanpassings. Volgens die petisie is […]
SA Raad van Kerke sê regering moet Russiese inval veroordeel - March 2, 2022
Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke het ‘n beroep op die regering gedoen om die Russiese inval van Oekraïne te veroordeel en dit as ‘n flagrante oortreding van Artikel 2.4 van die Verenigde Nasies se Handves beskryf. Aartsbiskop Thabo Makgoba van die raad het in ‘n preek by die St George-katedraal in Kaapstad gesê om die […]
Namsov open sonkrag maasbanker-verwerkingsaanleg - March 2, 2022
Namsov, nou ‘n filiaal van Tunacor Group, het die land se eerste sonkrag-aangedrewe maasbanker-verwerkingsaanleg op Walvisbaai geopen, wat gebou is teen ‘n koste van 300 miljoen Namibiese dollar. Tydens die opening van die historiese sonkrag-aanleg, het die minister van visserye en mariene hulpbronne, Derek Klazen, die inisiatief geloof. unacor se direksievoorsitter, Sidney Martin, sê Tunacor […]
DHL staak aflewerings in Rusland - March 2, 2022
Die Duitse logistieke reus, DHL, sê hy staak aflewerings na Rusland en Belarus en sluit aan by die groeiende lys Westerse sakeondernemings wat bedrywighede in dié lande opgeskort het ná Rusland se inval in Oekraïne. Die groep is een van die grootste logistieke ondernemings ter wêreld en het sy kantore gesluit en bedrywighede in Oekraïne […]
Lufthansa, KLM vlieg nie meer na Rusland - March 2, 2022
Terwyl die Europese Unie Russiese lugrederye en hul vliegtuie uit hul lugruim wil verban, het Duitsland se Lufthansa-lugredery en Nederland se KLM aangekondig hulle vlieg nie Rusland toe nie. Die besluit van beide lugrederye volg op Rusland se inval in die Oekraïne. Lufthansa het in ‘n verklaring gesê dit sal nie deur Russiese lugruim vlieg […]
Biden sê Russiese inval is ‘n verenigde stryd teen tirannie - March 2, 2022
Die Amerikaanse president, Joe Biden, sê Rusland se inval in Oekraïne is ‘n verenigende stryd, in wat hy beskryf as demokrasie se nuwe tweestryd met tirannie. Hy het in sy jaarlikse staatsrede in die Huis van Verteenwoordigers in Washington gesê demokrasieë wêreldwyd staan saam en kies die kant van vrede en veiligheid. Biden waarsku ‘n […]
87 vermeende onwettige myners in Noordwes bly in aanhouding - March 2, 2022
Altesaam 87 vermeende onwettige myners in Noordwes sal agter tralies bly tot en met hulle volgende hofverskyning op 6 April. Die Stilfontein streekhof het hulle saak vir verdere ondersoek uitgestel. Die Nasionale Vervolgingsgesag se woordvoerder, Henry Mamothame, sê die beskuldigdes is in Oktober in Orkney in hegtenis geneem, ná ‘n skietgeveg met die polisie.