Britse gesondheidswerkers moet beter ondersteun word - January 6, 2022

Professor Martin Marshall, die voorsitter van die Britse Royal College of GPs, sê die vlaag Covid-infeksies gaan nie binnekort beter word nie. Die premier Boris Johnson sê het sekere maatreëls verslag want hy sê dit help in elk geval nie, maar volgens Marshall het Briste gesondheidwerkers meer ondersteuning nodig.

Read More

Djokovic appelleer Maandag - January 6, 2022

Die wêreld nommer een, Novak Djokovic, se prokureur Nick Wood het namens sy kliënt in die hof in Australië verskyn en daar is ooreengekom dat hy in die land tot ten minste Maandag mag bly vir sy appèl teen die kansellasie van sy visum. Hy is sewe ure by die lughawe aangehou en Australië se […]

Read More

Verdedigingsverdrag tussen Aussie en Japanese onderteken - January 6, 2022

Japan en Australië het ‘n waterskeidings-verdrag onderteken om verdedigingsbetrekkinge te verstewig wat sal bydra tot die streek se stabiliteit. Volgens nuusagentskappe het die Australiese premier, Scott Morrison, in sy verklaring nie direk na Beijing verwys nie, maar die ooreenkoms word tog gesien as ‘n volgende stap deur die streek se bondgenote om hul kommer te […]

Read More

Owerhede moet beter maatreëls instel teen ontvoerings - January 6, 2022

Ontvoerings van veral kinders by skole het ‘n daadwerklike probleem in Suid-Afrika geword. ‘n Elf-jarige dogtertjie wat in November buite haar skool in Mayfair in Johannesburg ontvoer is, is veilig teruggevind en die bekende onderwys-aktivis, Hendrick Makaneta, sê dis uiters belangrik dat die onderwysdepartement maatreëls instel wat sal meehelp dat sulke voorvalle nie in die […]

Read More

Maak seker jou instansie word plaaslik erken - January 6, 2022

Talle jongmense skryf die tyd van die jaar in by verskeie instellings om kursusse te doen en daar is baie opsies, ook aanlyn, vir die voornemende studente. Maar, daar is uitdagings met studente wat baie geld vir die kursusse betaal net om uit te vind dat die instansie nie plaaslik geakkrediteer is nie. Die hoof […]

Read More

5G en vliegtuie – wat is die probleem? - January 6, 2022

Verizon en AT&T, beide internetverskaffers in die VSA, het die week ingestem om die ontplooiing van hulle 5G-tegnologie op WiFi-vlak met twee weke te vertraag. Dit kom na lugvaartowerhede hulle kommer uitgespreek het oor die invloed van 5G-seine op vliegtuie se stelsels. Kosmos 94.1 Nuus het met die lugvaartkenner, dr. Guy Leitch gepraat oor presies […]

Read More

SA-parlement se branddeure was met hakkies oopgehou - January 6, 2022

Berigte uit die buurland lei dat ‘n verslag deur die brand-veiligheidspersoneel oor die brand by die Parlement sê die branddeure het hakies gehad wat Sondag gekeer het dat dit tydens die brand toegaan. Die ondersoek se doel is om die oorsaak van die brand vas te stel. Die bevindings is aan Kaapstad se burgemeester Geordin […]

Read More

SA se vierde vlaag korter, minder ernstig - January 6, 2022

Daar is bewyse dat die vierde Covid-19-vlaag in Suid-Afrika, aangedryf deur die Omikron-variant, korter en minder ernstig as die vorige drie is. Data wys oormaat-sterftes in die land het teen die einde van verlede maand die eerste keer in drie weke afgeneem. Die Mediese Navorsingsraad sê in ‘n verslag die oormaat-sterftes het teen 26 Desember […]

Read More

Aanval op Konstitutionele Hof sterk veroordeel - January 6, 2022

Die Suid-Afrikaanse minister van justisie, Ronald Lamola, het ‘n aanval op die Konstitusionele Hof in Braamfontein, Johannesburg, ten sterkste veroordeel. ‘n Inbreker het vensters in die kompleks met ‘n hamer stukkend geslaan. Volgens die polisie is ‘n waarskuwingskoot afgevuur, maar die man het voortgegaan om vensters te breek, selfs nadat hy gewaarsku is om op […]

Read More

Huldeblyke vir Reini Rusch - January 6, 2022

Huldeblyke stroom in vir wyle Reini Rusch van Lichtenstein. Rusch is laat gister namiddag oorlede en was ‘n baie bekende boere, veral in Simmentaler en Brahman kringe en was ‘n top-Simmentaler teler. Thinus Pretorius, vdie oorsitter van Lewendehawe Produsente-organisasie sê Namibiese landbou is met Rusch se afsterwe baie armer…

Read More