Namibiese jagters woon grootste jagskou in Dallas by - January 6, 2022

Jagters van regoor die wêreld kom vandag in Dallas in Texas byeen vir die 40ste Dallas Safariklub Jagskou- en Konferensie. Talle Namibiese eienaars van jagplase, professionele jagters en taksidermiste woon gewoonlik die jagskou by. Die president van die Namibiese Professionele Jagtersvereniging, Axel Cramer, bevestig aan Kosmos 94.1 Nuus dat daar wel vanjaar Namibiërs by die […]

Read More

ANC verander siening oor aanbod van Kaapse geriewe vir parlementsittings - January 6, 2022

Die ANC het sy siening verander enkele ure nadat hy die aanbod van Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis van die hand gewys het om geriewe in die stad vir parlementsittings te gebruik. Die kantoor van die ANC se hoofsweep, Pemmy Majodina het ‘n tweede nuusvrystelling oor hulle standpunt vrygestel. Dit is in teenstelling met ‘n […]

Read More

Ontleder: Staatskaping was samespanning tussen verskeie organisasies - January 6, 2022

‘n Onafhanklike ontleder, Khaya Sithole, sê die plan om Suid-Afrika te kaap is nie net deur een persoon uitgevoer nie. Dit is gedoen deur die samewerking van baie. Sithole het in gesprek met Newzroom Afrika oor die staatskapingsverslag gesê samespanning tussen verskeie organisasies, is ‘n moontlikheid: Sithole sê diegene wat die skuldiges in stilte ondersteun […]

Read More

Interpol besig met uitleweringsproses van ontvoeringverdagte in Mosambiek - January 6, 2022

Interpol is besig met die uitleweringsproses van ‘n 40-jarige verdagte in Mosambiek, in verband met die ontvoering van ‘n 11-jarige meisie in Gauteng. Hy is verlede week in Mosambiek in hegtenis geneem op aanklagte dat hy in November verlede jaar vir Maha Qassim, net buite die skoolterrein in Mayfair, Johannesburg ontvoer het. Die polisie-woordvoerder, Robert […]

Read More

Amnestie Internasionaal SA sê streng optrede moet teen staatskapers begin word - January 6, 2022

Amnestie Internasionaal in Suid-Afrika sê die tyd het aangebreek vir meer aksie en minder praat. Die uitvoerende direkteur, Shenila Mohamed het in reaksie op die eerste deel van die staatskapingsverslag gesê President Cyril Ramaphosa behoort met streng optrede te begin teen mense wat in die verslag betrek word sodat reg kan geskied.

Read More

Twaalf Covid-sterfgevalle in ses distrikte aangemeld - January 6, 2022

Die Namibiese gesondheidsministerie het 12 Covid-sterfgevalle in ses distrikte aangemeld, asook 480 nuwe gevalle uit 2 283 toetsuitslae aangemeld wat ‘n positiewe koers van 21 persent verteenwoordig. In die groep is 35 leerders, 17 gesondheidswerkers, vier onderwysers en drie studente. Daar is nou 14 755 aktiewe gevalle, waarvan 333 pasiënte in hospitale is en 26 […]

Read More

Russiese valskermsoldate na Kazakstan gestuur om opstand te stuit - January 6, 2022

Rusland het valskermsoldate na Kazakstan gestuur om ‘n landwye opstand te stuit nadat dodelike geweld in die streng-beheerde voormalige Sowjet-staat uitgekring het. Die polisie sê hulle het dosyne oproeriges in die hoofstad Almaty doodgeskiet. Staatstelevisie sê 13 veiligheidsmaglede is dood, waarvan twee onthoof is. Reuters-joernaliste in Almaty sê ‘n presidentswoning en die burgemeester se kantoor […]

Read More

Oshana kort ‘n nuwe benadering vir inentings - January 6, 2022

Die goewerneur van die Oshana-streek, Elia Irimari, sê daar moet ‘n ander benadering gevolg word in die stryd teen Covid-19, veral rakende inenting om kudde-immuniteit te bereik. Irimari sê dit na ‘n onlangse inentingsveldtog van die gesondheidsministerie in die noordelike streke waar inentingskoerse laag is. Oshana het die derde laagste inentingskoers landwyd ná die streke […]

Read More

SAOG-beraad vorder baie goed - January 6, 2022

Die mandaat en vordering van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se optrede in Mosambiek is bo-aan die agenda vir môre se eerste beraad van staats- en regeringshoofde van die SAOG. Hoewel dit nie in ‘n verklaring deur die organisasie bevestig is nie, blyk al die vergaderings op Mosambiek te fokus. Die virtuele beraad volg op sewe vergaderings […]

Read More

Oud-ombud John Walters boer lekker - January 6, 2022

Kosmos 94.1 Nuus het ingeloer by die voormalige Namibiese ombud, John Walters. Hy het 17 jaar in die pos gedien en is op 1 Oktober deur Basilius Dyakugha vervang. Walters sê hy boer lekker en wen Namibiërs ‘n goeie jaar toe.

Read More