
Calle sê oor sprinkane - March 8, 2022
Die bruinsprinkane in die Suide van Namibië is tans onder beheer. Verder noord is nog geen nuwe gevalle van sprinkaanplae gerapporteer nie. Die eerste sprinkaanplaag is op 21 September 2021 deur ‘n kommersiële boer gerapporteer en ‘n span van die landbouministerie is dadelik ontplooi. Landbouminister Calle Schlettwein sê daar is goeie samewerking tussen boere in […]
Pedofiel-koshuisvader word vandag gevonnis - March 8, 2022
Die voormalige opsigter by die Karundu-laerskool op Otjiwarongo, Mervin Nguyapeua word vandag gevonnis nadat hy skuldig bevind is op 32 klagte van die verkragting van tien minderjarige seuns wat in die koshuis gebly het. Sou regter Alfred Siboleka die maksimum vonnis gee, kan Nguyapeua tot 160 jaar tronkstraf ontvang. Daar is bevind dat die verkragtings […]
NRU is vies oor Frankryk - March 8, 2022
Die Namibiese Rugby-unie se president, Corrie Mensah, het gesê die besluit deur Rugby Afrika se president Khaled Babbou om die 2022 Afrika-Rugbybeker in Frankryk aan te bied, is bedrog. Mensah sê Namibië het sy belangstelling aangedui om die toernooi te huisves, maar Babbou het Namibië geïgnoreer. Frankryk het op 7 September 2021 verklaar dat hy […]
Dis Internasionale Vrouedag en dinge lyk nie goed nie - March 8, 2022
Vandag is Internasionale Vrouedag met as tema, Geslagsgelykheid vandag vir ‘n volhoubare môre. Volgens die Verenigde Nasies verteenwoordig vroue 70 persent van die 1,3 miljard mense wat in armoede leef. In stedelike gebiede staan vroue aan die hoof van 40 persent van die armste huishoudings. Die VN se adjunk-sekretaris-generaal, Amina Mohammed, sê sonder geslagsgelykheid vandag […]
Dippenaar het volgens ‘ejustice’ nog nie ‘n prokureur nie - March 8, 2022
Die siviele saak van Antonia Joschko teen Jandre Dippenaar is weer vandag voor regter Shafimana Ueitele. Hy het by sy vorige verskyning op 23 Februarie, waar die regter hom ‘n laaste kans gegee het om sy saak te verdedig of dit word geskrap ingevolge reël 53, gesê hy het regsverteenwoordiging bekom maar nie gesê wie […]
NamRA besoek Karas - March 8, 2022
Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, is op ‘n week lange werksbesoek in die Karas-streek. Dit is deel van NamRa se verkenningsveldtog om verskeie kantore in die streek te besoek nadat hulle verlede jaar kollegas in die Oshana- en Zambezi-streke besoek het. Tonateni Shidhudhu, bestuurder van strategiese kommunikasie van NamRA, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.
ANC-regering staan aansoek om ramptoestand te beëindig, teen - March 8, 2022
Solidariteit in Suid-Afrika sê hy is nie geskok deur die regering se besluit om die vakbond se aansoek om die nasionale ramptoestand op te hef, teen te staan nie. President Cyril Ramaphosa het verlede maand gesê die ramptoestand sal eers opgehef word sodra ander maatreëls gefinaliseer is om die optrede teen Covid-19 te reguleer en […]
Nie so maklik om verbod op Russiese olie te plaas nie - March 8, 2022
Die Britse eerste minister, Boris Johnson, waarsku die gebruik van Russiese olie en gas kan nie oornag gestop word nie. Volgens die jongste inligting van Eurostat, is Rusland die Europese Unie se grootste vennoot in oliehandel. Die land voorsien ook sowat 40 persent van die EU se invoer van natuurlike gas. Rusland verskaf slegs sowat […]
Hidrologiese Dienste maan gemeenskappe langs Zambezi- en Okavangoriviere - March 7, 2022
Ná die Zambezi- en Kavango-streke die naweek volgens die Hidroloigese Dienste van Namibië reën ontvang het, het die Zambezirivier se vlak vanoggend by Katima Mulilo op drie meter gestaan. Die Okavangorivier by Rundu se vlak het vanoggend 5,25 meter gemeet en die watervlak is relatief hoër as in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Die […]
Boekbekendstelling oor grondwetlike mensereg van water Donderdag - March 7, 2022
Die boekbekendstelling van dr. Ndjodi Ndeunyema se nuwe boek, Re-invigorating Ubuntu Through Water: A Human Right to Water under the Namibian Constitution, vind Donderdagaand vanaf ses-uur by die Jakob Marengo-kamers in die hoofstad plaas. ‘n Paneelbespreking sal onder die vaandel van die Vereniging van Advokate van Namibië plaasvind en fokus op die bekragtiging van die […]