
Dis nie ons olie nie – Geingob - March 6, 2022
President Hage Geingob, sê olie is ‘n vloek in baie lande. Die ontdekking van olie en groen-waterstof kan Namibië egter laat uitstyg tot heel bo in die wêreld. Shell het verlede maand die ontdekking van ligte olie in sy Graff-1 put aangekondig, met die potensiaal vir ‘n geskatte ‘n miljard vate terwyl TotalEnergies se Venus-1 […]
Nelson Mandela-stigting het kommer oor kernaanlegte - March 6, 2022
Die Nelson Mandela-stigting het die Suid-Afrikaanse regering aangemoedig om ‘n beroep te doen vir ‘n skietstilstand in die gevegte tussen Oekraïne en Rusland. Die stigting het aangebied om te help met vredespogings en sê hy neem kennis van die ingewikkeldheid van die situasie, die veranderlikes in die internasionale militêre reëls en die rassisme wat in […]
Burkina stel regering aan - March 6, 2022
Burkina Faso se tussentydse President Paul-Henri Damiba het ‘n nuwe regering aangestel wat dieselfde minister van verdediging insluit as wat onder voormalige president, Roch Kabore, gedien het voor sy uitsetting in ‘n militêre staatsgreep. Damiba is reeds Woensdag as oorgangspresident vir drie jaar ingehuldig, nadat hy ‘n groep offisiere gelei het om Kabore in Januarie […]
Duitsers diskrimineer teen Russe - March 6, 2022
Die Russiese ambassade in Duitsland het sy kommer aan die Duitse ministerie van buitelandse sake uitgespreek oor diskriminasie van Russe in die land. Die Russiese ambassadeur in Duitsland, Sergey Nechayev sê daar is ‘n behoefte aan ‘n baie sterk boodskap wat aan owerhede regoor die land gestuur moet word om die diskriminasie was Russe in […]
Immanuel Ngatjizeko sterf - March 6, 2022
Die veteraan Swapo-politikus voormalige kabinetsminister, Immanuel Ngatjizeko, is in die ouderdom van 69 oorlede. President Hage Geingob het laat Saterdag Ngatjizeko se afsterwe op Twitter bevestig. Geingob sê daar is geen woorde om sy verlies te beskryf nie. Ngatjizeko het in verskeie poste gedien, beide as adjunkminister en minister. Hy is in Februarie 2018 aangestel […]
Waar is Fikile? - March 6, 2022
Twitter is op hol na ‘n twiet deur die Suid-Afrikaanse minister van vervoer, Fikile Mbalula, wat Saterdagoggend gesê het hy het pas in die Oekraïne geland. Media kon geen bevestiging kry oor die twiet nie en ook nie oor ‘n hertwiet wat hy gemaak het nie. Dié twiet was blykbaar van die Russiese ambassade in […]
Mastercard en Visa skort Russiese transaksies op - March 6, 2022
Die Amerikaanse betalingsfirmas Visa en Mastercard staak bedrywighede in Rusland oor die inval in die Oekraïne. Mastercard se dienste is reeds opgeskort en Visa sal oor ‘n paar dae alle transaksies met Visa-kaarte wat in Rusland uitgereik is opskort, beide binne en buite die land. Al Kelly, Visa se hoof uitvoerende beampte sê hul is […]
Curriebeker: Bulle, Cheetahs & Haaie wen - March 6, 2022
‘n Onkeerbare Bullespan het gister bo-oor die Griekwas geloop en die tuisspan met 53-27 geklop in ‘n Curriebeker-wedstryd in Kimberley. Die span van Pretoria het sewe drieë gedruk teenoor Griekwas se vier. In gister se ander Premierliga-wedstryd in Bloemfontein het die Leeus ‘n nog groter nederlaag van 66-14 teen die Cheetahs gely. Die Haaie het […]
В результате обстрела русскими войсками города Мариуполь погиб ребёнок - March 5, 2022
Путинские войска убивают украинских детей. Россияне обстреливают жилые кварталы. Шокирующее видео 18+ Путин убивает украинских детей! В результате сегодняшнего обстрела российских войск в Мариуполе пострадали двое детей. Семилетняя девочка погибла. Ребёнок получил осколочное ранение. Несмотря на старания медиков, девочку спасти не удалось. Вот так Владимир Путин «освобождает» Украину. По данным Министерства Здравоохранения Украины, за период […]
Oorlog het geen impak op Nam se handelstekorte nie - March 5, 2022
In Simonis Storm se geopolitieke verslag van vandeesweek is handel tussen Namibië en Rusland bespreek. Namibië voer aansienlik meer produkte van Rusland in as wat na die land uitgevoer word. Namibië voer koring, amoniumnitraat wat in kunsmis gebruik word, en gevriesde hoender en sardientjies van Rusland in, terwyl ons oesters, vars druiwe, dadels en gevriesde […]