Vakbond bring Arbeidshof-saak teen minister vir ‘nepotisme’

Die buurland se gesondheid- en verwante werkersvakbond, Nehawu, het ‘n saak in die Arbeidshof aanhangig gemaak teen die maatskaplike ontwikkeling-minister, Lindiwe Zulu, vir beweerde nepotisme. Die aansoek bevraagteken die aanstelling van Linton Mchunu as waarnemende direkteur-generaal van Maatskaplike Ontwikkeling. Zulu het in Augustus 2023 te doen gekry met aanklagte van nepotisme omdat sy na bewering die aanstellingskriteria aangepas het om Mchunu te bevoordeel. Nehawu beweer Mchunu se heraanstelling is onregmatig.