Resiesperde gesteel vir onwettige resies

‘n Noord-Kaapse veearts, Sherike van der Merwe, spreek kommer uit oor die diefstal van volbloed resiesperde in die Kimberley-omgewing vir onwettige resies. Van der Merwe sê die meeste van die diere wat in die resies gebruik word, word uit stalle gesteel, soos in ‘n onlangse voorval waarin vyf perde gesteel is by die Voorslag-perdeklub. Die perde is na wat berig word in ‘n swak kondisie gevind. Van der Merwe sê die polisie in die Kimberley-gebied het te doen met die uitdaging van veediefstal.