Werloosheidsyfers word vandag bekend gemaak
Die Namibiese Statistieke-agentskap sal vandag die langverwagte arbeidstatistieke bekendmaak na September 2023 se sensus. Die agentskap het lelik onder skoot gekom vir wat as die vertraging daarvan beskryf word en daar was aantygings dat dit aspris teruggehou is omdat die verkiesing in November verlede jaar gehou is. Ekonome wag in spanning vir die syfers, die […]
Shangula het nie kommer oor Trump se opskorting van hulp nie
Daar is wêreldwyd kommer oor Amerikaanse president Donald Trump se bevel om alle buitelandse hulp vir 90 dae te staak en te hersien. Dit kan veral verwoestend wees vir MIV-programme in Afrika-lande. Wits Universiteit in Johannesburg het bevestig sommige inisiatiewe wat deur USAid befonds word, insluitend dié vir die Wits Reproductive Health and HIV Institute, […]
Cyril moet verslag doen oor soldate in DRK
Build One South Africa doen ʼn beroep op president Cyril Ramaphosa om die nasie onmiddellik toe te spreek en volledig en deursigtig verslag te doen oor die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se bedrywighede in die Demokratiese Republiek die Kongo. Dit volg nadat 13 SANW-soldate gesneuwel het in gevegte met Rwandees-gesteunde M23-rebelle in die DRK. BOSA se […]
Colombia gaan haal sy landsburgers in VSA
Twee Colombiaanse militêre vliegtuie met sowat 200 burgers wat uit Amerika gedeporteer is, het in Bogotá aangekom na ‘n onverkwiklike woordestryd oor die deportasie van migrante. President Gustavo Petro het foto’s geplaas van die migrante wat sonder boeie van die vliegtuig stap, en geskryf: “Hulle is Colombiane, vry en waardig, in hul vaderland waar hulle […]
Namdia-roof: Nog arrestasies verwa
Meer inligting het aan die lig gekom in verband met die Namdia-roof tydens die hofverskyning van die tweede verdagte Sam Shololo in die hof. Die aanklaer Rowan van Wyk het aan die hof bevestig dat nog arrestasies binnekort verwag word. Intussen berig Namibian Sun dat bronne bevestig dat beamptes wat eerste op die toneel was, […]
GOOD sê Onteieningswet val nie onder eenheidsregering nie
Die GOOD-party sê pogings van die DA om die geskilbeslegtingsmeganisme van die regering van nasionale eenheid te gebruik om die Onteieningswet te probeer verhinder, is sonder meriete. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, voer aan dat die wet, wat verlede jaar deur die parlement aangeneem is, nie onderhewig is aan die RNE-ooreenkoms van 2024 nie. […]
VN waarsku oor situasie in Goma
Die Verenigde Nasies waarsku die situasie in Goma in die oostelike Demokratiese Republiek die Kongo is besig om vinnig agteruit te gaan te midde van voortslepende aanvalle deur Rwandees-gesteunde M23-rebelle. Minstens 17 buitelandse vredesmaglede is reeds dood in gevegte, insluitend 13 soldate van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Die VN-hulpkoördineringskantoor se woordvoerder, Jens Laerke sê hulle […]
Pep sê City is gereed vir Brugge
Pep Guardiola sê Manchester City is gereed vir die uitdaging in vandag se Kampioeneliga-wedstryd teen Klub Brugge wat hy moet wen, en glo hulle kan die uitklopronde haal. Die Premierliga-kampioen moet verlede seisoen se Belgiese liga-wenner op die Etihad klop om die uitspeelronde te haal waaraan die spanne deelneem wat negende tot 24ste eindig in […]
BeFree bemagtig tiener-moeders
Die BeFree-organisasie gaan ‘n ouerskapseminaar aanbied wat daarop gemik is om jong moeders te bemagtig. Ongeveer 20 persent van plaaslike geboortes is van tieners tussen15 en 19. Die geleentheid is geskeduleer vir 30 tot 31 Januarie by die BeFree Jeugkampus. Die seminaar is ontwerp rondom persoonlike ontwikkeling en gemeenskapsondersteuning, en om jong moeders met ouerskapvaardighede […]
Diamantprys: Debmarine glo vraag sal herstel
Internasionale diamantpryse bly laag. Die kleinhandelprys van natuurlike diamante het die afgelope twee jaar met sowat 26 persent gedaal, terwyl die prys van sintetiese diamante met ongeveer 74 persent geval het. Dit het ‘n wesenlik impak op Namibië se inkomste met die handelstatistiek wat sterk staatmaak op diamante en wat maand op maand deel is […]