Iran teiken Haifa, Tel Aviv met missiele June 15, 2025
Iran het vanoggend missiele op teikens regoor Israel, insluitend die stede Haifa en Tel Aviv, afgevuur en volgens medici en mediaberigte is minstens sewe mense dood. Die aanvalle kom nadat Israeliese magte burgerlike en energie-infrastruktuur regoor Iran gebombardeer het en ‘n brand by die Shahran-oliefasiliteit in Teheran veroorsaak het. Die Israeliese weermag sê dit het terreine geteiken wat “verwant is aan die Iranse regime se kernwapenprojek”. Iranse media sê Israeliese aanvalle het die afgelope twee dae die lewens van minstens 80 mense geëis en 800 ander gewond. Die oorledenes sluit 20 kinders in.