Brittanje sal in Mei vlugte hervat

Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, sê Brittanje is vol hoop dat hulle van 17 Mei af weer vlugte wêreldwyd sal kan hervat. Die land sal van volgende Maandag af Covid-19 inperkingsmaatreëls begin verslap. Dit sluit in die heropening van winkels, gimnasiums en kroeë. Meer as 126 000 mense is tot dusver in Brittanje aan […]

Read More

Reaksie op Vilho se vergadering met Geingob

Reaksie word ontvang oor die Namibiese Minister van Verdediging, Peter Vilho, wat waarskynlik vandag met President Hage Geingob by Staatshuis gaan vergader oor die bewerings oor sy beleggingsrekening in Hongkong. Dit volg na berigte dat die Aanklaer-Generaal Martha Imalwa bevestig het dat daar ‘n ondersoek gelas is oor die rekening veral in verband met ‘n […]

Read More

Vermeende moordenaar van kinders kom in Nam aan

Die Namibiese vrou wat daarvan aangekla word van die moord van haar twee kinders in Etiopië verlede jaar, het volgens berigte in Namibië aangekom, vergesel deur 2 Etiopiese polisie beamptes. Kristofina Amutenya is sedert haar arrestasie in Desember in aanhouding. Sy het na wat beweer word haar twee kinders, 9 en 3 jaar oud vermoor. Sy is die eggenoot […]

Read More

Brandstofprys styg vannag

Namibiese motoriste word daaraan herinner dat die brandstofprys om middernag vanaand met 50 sent ‘n liter styg. Dus, sal diesel aan die kus 13 doller 18 sent ‘n liter kos terwyl petrol teen 13 doller 15 sent sal verkoop. Die Nasionale Energiefonds sal die onderverhaling van 107 miljoen Namibiese doller wat in Februarie vanjaar aangeteken is dra en […]

Read More

Goeie naweek aan die kus

Die afgelope Paasnaweek was volgens berigte aansienlik besiger aan die kus as verlede jaar. Volgens Aubrey Oosthuizen van die Wes-Kus Veiligheids Inisiatief was daar ook minder motorongelukke.

Read More

Dwelm-misdade loop oop die naweek

Volgens die Namibiese polisie was daar verskeie gevalle die afgelope Paasnaweek waar verdagtes met dwelms en verwante onwettige middels in hulle besit betrap is. Hoof Inspekteur Elifas Kuwinga van Nampol het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Kahn is eers uit…

Pakistan se veelsydige Shadab Khan sal nie verder in die eendag en T20-wedstryde teen die Proteas in Suid-Afrika speel nie. Khan sal ook nie deel wees van die toer na Zimbabwe nie. Hy het ‘n ernstige toonbesering opgedoen wat hom vir sowat ‘n maand buite aksie sal stel

Read More

Duitsland inentings vorder

Die Duitse Minister van Gesondheid, Jens Spahn, het bekendgemaak dat 20% van die Duitse bevolking teen begin Mei reeds teen die korona-virus ingeënt behoort te wees. Dit het volgens Spahn die land drie maande geneem om die eerste 10% van sy bevolking teen die virus in te ent. Duitsland het die afgelope tyd ‘n merkbare toename in nuwe Covid-19 […]

Read More

Carl Niehaus weet niks van planne om Suid-Afrika tot stilstand te bring nie

Die ANC se sogenaamde radikale ekonomiese transformasie-groep in Gauteng, onder leiding van Carl Niehaus, ontken dat hulle beplan om die buurland tot stilstand te bring. Berigte lui dat sommige lede van die Umkhonto weSizwe Militêre Veterane ontevrede is oor die tydperk van 30 dae wat die sekretaris-generaal, Ace Magashule, en ander beskuldigdes van korrupsie ontvang […]

Read More

Mosambiekse weermag in skermutseling met militante groepe

Die situasie in Palma in die noorde van Mosambiek bly gespanne nadat die land se veiligheidsmagte bekendgemaak het dat ‘n beduidende getal Islamitiese-aanvallers in skermutselings met Mosambiekse magte dood is.Groot getalle mense wat uit hulle huise gevlug het na aanvalle van die militante groepe sukkel nou om huisvesting,gesondheidsorg en kos te kry. Die Wêreldvoedselprogram is […]

Read More