Brittanje sal in Mei vlugte hervat

Die Britse Eerste Minister, Boris Johnson, sê Brittanje is vol hoop dat hulle van 17 Mei af weer vlugte wêreldwyd sal kan hervat. Die land sal van volgende Maandag af Covid-19 inperkingsmaatreëls begin verslap. Dit sluit in die heropening van winkels, gimnasiums en kroeë. Meer as 126 000 mense is tot dusver in Brittanje aan Covid-19 verwante oorsake dood. Johnson sê hulle is besorg oor die hervatting van internasionale reise omdat hulle nié Covid-19 variante na die land wil versprei nie: