Duitsland inentings vorder

Die Duitse Minister van Gesondheid, Jens Spahn, het bekendgemaak dat 20% van die Duitse bevolking teen begin Mei reeds teen die korona-virus ingeënt behoort te wees. Dit het volgens Spahn die land drie maande geneem om die eerste 10% van sy bevolking teen die virus in te ent. Duitsland het die afgelope tyd ‘n merkbare toename in nuwe Covid-19 gevalle gehad.