Isabel dos Santos moet aandele teruggee aan Angola, onwettig bekom

‘n Internasionale arbitrasiehof het beslis dat Isabel dos Santos, die dogter van die voormalige president van Angola Jose dos Santos en volgens berigte die rykste vrou in Afrika, haar aandele in die Galp-energiefirma aan Angola moet terug besorg. Die aandele is 500 miljoen Amerikaanse dollar werd. Die hof, die Instituut vir Arbitrasie in Nederland, het […]

Read More

Inwoners sit erwe self uit in Whk

Die diens en lewering van erwe in veral die hoofstad bly ‘n uitdaging vir owerhede. Volgens berigte het ongeveer 200 inwoners van die hoofstad toegesak op die gebied naby Kilimanjaro en Okahandjapark, net noordoos van Windhoek het grond vir hulself uitgesit. Lede van die gemeenskap het aan plaaslike media gesê hulle sal aanhou om erwe […]

Read More

Ontwikkeling in Omaheke vorder

Die goewerneur van die Omaheke-streek Pijoo Nganate het vanoggend sy streeksrede gelewer. Verskeie ontwikkelingsprojekte is aangepak en voltooi en die streek se plaaslike ekonomie is hierdeur ondersteun, soos hy verduidelik…

Read More

Erge Oosweer aan die kus die naweek

As voorspellings hou gaan dit ‘n mislike naweek by kus wees met Oosweer toestande en sandstorms. Motoriste word gewaarsku om uiters versigtig te bestuur. Aubrey Oosthuizen van die Weskus Veiligheidsinisiatief sê dehidrasie is ook ‘n uitdaging…

Read More

Buurland ‘n topbestemming vir ontkoling

Die adjunk-voorsitter van Suid-Afrika se Presidensiële Klimaatskommissie, Valli Moosa, sê die land kan ‘n gesogte bestemming vir plaaslike en internasionale belegging vir ontkoling word. Ontkoling is die proses waar die aanpaksel van koolstof verwyder word. Moosa het tydens ‘n waterstofgerigte webinaar gesê daar is baie faktore in Suid-Afrika se guns. Dit sluit kapitaalmarkte en goed […]

Read More

Miljarde vir skoolopleiding in arm lande

Die Global Partnership for Education wil bykans 74 miljard Namibiese dollar insamel om skoolopleiding te verskaf aan 88 miljoen kinders in die armste lande ter wêreld. Die Verenigde Koninkryk sê hulle sal byna nege miljard Namibiese dollar bydra om die onderwys in 92 lande te ondersteun. Die doel van die vennootskap is om onderwys in […]

Read More

Brandstofprys sal moontlik weer styg

Voorspellings vir die brandstofprys vir Augustus toon dat daar moontlik weer ‘n verhoging in die plaaslike prys kan wees. Die buurland se Sentrale Energiefonds sê daar is ‘n onderverhaling van amper 80 sent per liter in Suid-Afrika en plaaslik is daar ‘n onderverhaling van 66 sent per liter petrol en 55 sent per liter diesel. […]

Read More

Privaatsektor geloof vir sy Covid-bystand

Die Namibiese eerste minister dr. Saara Kuugongelwa-Amadhila het die privaatsektor geloof vir die bystand wat hy die regering tot dusver gebied het in die bekamping van Covid-19. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Covid-uitbreking in Nanjing, China

Chinese owerhede het die blaam vir die grootste uitbreking van Covid in die stad van Nanjing voor die deur van ‘n skoonmaakspan wat gewerk het aan ‘n vlug wat van Rusland afkomstig was, gelê. Meer as 200 gevalle, die grootste getal sedert die eerste gevalle in Wuhan ontdek is, is aangemeld. Alle vlugte van die […]

Read More

Mosiehof: N$57,4m opgeëis

Daar was vanoggend 76 aansoeke om verstekvonnisse in die mosiehof in die hoofstad. Regters Harold Geier en Essie Schimming-Chase het vanoggend se sessies hanteer. Kommersiële banke het 40 aansoeke gebring, 19 van hulle as reël 108 aansoeke. ‘n Totaal van 16 lenings met uitstaande skuld van 21,1 miljoen Namibiese dollar is opgeëis terwyl daar 36,2 […]

Read More