Isabel dos Santos moet aandele teruggee aan Angola, onwettig bekom

‘n Internasionale arbitrasiehof het beslis dat Isabel dos Santos, die dogter van die voormalige president van Angola Jose dos Santos en volgens berigte die rykste vrou in Afrika, haar aandele in die Galp-energiefirma aan Angola moet terug besorg. Die aandele is 500 miljoen Amerikaanse dollar werd. Die hof, die Instituut vir Arbitrasie in Nederland, het beslis dat sy die aandele onwettig bekom het en dat dit aan die Angolese staatsbeheerde Sonangol behoort. Dos Santos se sake word sedert João Lourenço in September 2017 aan bewind gekom het, ondersoek. Sy is volgens berigte 3 miljard Amerikaanse dollar werd.