Buurland ‘n topbestemming vir ontkoling

Die adjunk-voorsitter van Suid-Afrika se Presidensiële Klimaatskommissie, Valli Moosa, sê die land kan ‘n gesogte bestemming vir plaaslike en internasionale belegging vir ontkoling word. Ontkoling is die proses waar die aanpaksel van koolstof verwyder word. Moosa het tydens ‘n waterstofgerigte webinaar gesê daar is baie faktore in Suid-Afrika se guns. Dit sluit kapitaalmarkte en goed gevestigde vaardighede om groot infrastruktuur-projekte te bestuur, in. Suid-Afrika is ook die wêreld se grootste vervaardiger van minerale in die platinumgroep.