Brandstofprys sal moontlik weer styg

Voorspellings vir die brandstofprys vir Augustus toon dat daar moontlik weer ‘n verhoging in die plaaslike prys kan wees. Die buurland se Sentrale Energiefonds sê daar is ‘n onderverhaling van amper 80 sent per liter in Suid-Afrika en plaaslik is daar ‘n onderverhaling van 66 sent per liter petrol en 55 sent per liter diesel. Volgens Robert McGregor van Cirrus in die hoofstad is al die aanduidings vir ‘n verhoging daar.