Covid-uitbreking in Nanjing, China

Chinese owerhede het die blaam vir die grootste uitbreking van Covid in die stad van Nanjing voor die deur van ‘n skoonmaakspan wat gewerk het aan ‘n vlug wat van Rusland afkomstig was, gelê. Meer as 200 gevalle, die grootste getal sedert die eerste gevalle in Wuhan ontdek is, is aangemeld. Alle vlugte van die Nanjing-lughawe is tot 11 Augustus opgeskort. Die Kommunistiese Party het owerhede in die stad berispe vir hulle trae optrede en die bestuur van die lughawe is volgens berigte ook gewaarsku. Al 9,3 miljoen inwoners van Nanjing sal getoets word, insluitend enige besoekers aan die stad.