Miljarde vir skoolopleiding in arm lande

Die Global Partnership for Education wil bykans 74 miljard Namibiese dollar insamel om skoolopleiding te verskaf aan 88 miljoen kinders in die armste lande ter wêreld. Die Verenigde Koninkryk sê hulle sal byna nege miljard Namibiese dollar bydra om die onderwys in 92 lande te ondersteun. Die doel van die vennootskap is om onderwys in lande met lae inkomste te bevorder, aangesien dit die gesondheid, welvaart en geleenthede in die wêreld se mees agtergeblewe gemeenskappe sal verbeter.