
IRR sal met EFF, MK oor BTW vergader - April 9, 2025
Die Instituut vir Rasseverhoudinge sê hy gaan dié week leiers van die EFF en die MK-party betrek oor alternatiewe vir die omstrede verhoging in BTW. Die IRR sê aangesien sekere partye teen die verhoging gestem het, is dit noodsaaklik om alternatiewe te vind. Makone Maja van die instituut sê een so ‘n alternatief is om […]
Minstens 50 seekoeie vrek aan miltsiekte in DRK se Virunga - April 9, 2025
Minstens 50 seekoeie en ander groot diere in die DRK se Virunga Nasionale Park is dood as gevolg van miltsiekte vergiftiging. Owerhede sê hulle is gevind in die Ishasha-rivier wat grens aan Uganda. Toetse het miltsiekte vergiftiging bevestig. Buffels is ook geraak maar, die bron van miltsiekte is nog nie bevestig nie. Die vrektes verteenwoordig […]
Tariewe kan kwesbare lande erg raak - April 9, 2025
Die Verenigde Nasies se Konferensie oor Handel en Ontwikkeling waarsku nuwe tariewe wat deur groot ekonomieë ingestel word, kan globale groei benadeel en kwesbare lande raak. Die groep se sekretaris-generaal, Rebeca Grynspan, het beklemtoon handel behoort nie nog ‘n bron van onbestendigheid te word nie, dit moet globale groei en ontwikkeling aanmoedig. Die organisasie eis […]
CAN se Baby Navara word voorberei vir Rough N Tough - April 9, 2025
Die Kankervereniging van Namibië se “Baby Navara”, eintlik ‘n Nissan 1400-bakkie, berei voor vir die 2025 Rough N Tough-uitdaging, wat op 15 Mei begin. Hierdie drie-dag-tydren oor 1 000 kilometer in Damaraland ondersteun die Kankervereniging en Palliatiewe Sorg Namibië. Die geleentheid word gereël deur die Baard-familie en het reeds miljoene vir kankerondersteuning ingesamel, en word […]
Damme neem steeds water in - April 9, 2025
Die land se damme vertoon steeds beter en teen vanoggend agt-uur het Von Bach op 79,3 persent gestaan met Swakoppoort op 101,5 persent. Die sliksluis is steeds oop. Omatako is 82,8 persent vol. Die Omdeldam is 29,4 persent vol. In die suide is Hardap tans op 77,9 persent met Naute wat op 101,7 persent staan. […]
Walvisbaai-plakkers heffing moet deur verhuurder betaal word - April 9, 2025
Die Walvisbaai-munisipaliteit het onlangs heffings vir agterplaas plakkers voorgestel wat deur inwoners verwerp word. Die dorp het wesenlike uitdagings met grondlewering wat die raad sukkel om te voorsien. In sommige gevalle, soos in Kuisebmond, kan een erf tot 10 gesinne hê wat agterplaashutte huur. Dit verhoog die kanse vir brande. Kosmos 94.1 Nuus het met […]
Amushelelo kry boete van N$5 000, of ses maande tronkstraf - April 9, 2025
NEFF-aktivis Michael Amushelelo is ‘n boete van 5 000 Namibiese dollar of ses maande tronkstraf opgelê vir minagting van die hof. Regter Doris Hans-Kaumbi het ‘n bykomende twee jaar tronkstraf beveel indien hy weer aan minagting van die hof in daardie periode skuldig bevind word. Sy het die uitspraak gelewer na sy hom Maandag skuldig […]
Tariewe: Trump sê almal smeek by hom, en hy weet hoe om te onderhandel - April 9, 2025
President Donald Trump van Amerika hou vol sy wêreldwye tariewe is noodsaaklik vir sy ekonomiese visie en werkskepping. Die tariewe is nou in werking en sluit ʼn tarief van 104-persent vir China in, asook heffings op sowat 60 lande wêreldwyd wat Amerika die grootste oortreders noem. Die heffings op hierdie lande wissel van elf- tot […]
Saadtekorte in Kavango Wes bedreig voedselsekerheid - April 9, 2025
Plaaslike media berig dat boere in die Kavango Wes-streek ‘n tekort aan saad het om aanplantings te doen. Dit is veroorsaak deur jare se droogte en dus kon boere nie saad terughou van oeste nie en die streek het ook nie ‘n saadproduksie fasiliteit nie wat boere nood om saad aan te koop uit buurlande. […]
DRK laat 3 Amerikaners vry te midde van minerale-ooreenkomsplanne - April 9, 2025
Drie Amerikaanse burgers wat tronk toe gestuur is weens ‘n mislukte staatsgreeppoging in die Demokratiese Republiek van die Kongo, is aan Amerikaanse bewaring oorhandig. Hulle vonnisse is versag om hulle tyd by die huis uit te dien. Die stap kom te midde van hoëvlaksamesprekings tussen die twee lande oor sekuriteit en mynbou-ooreenkomste. Die ooreenkoms om […]