
Reddingspanne ontplooi om na vermiste toeris, 82, by Sesriem te soek - March 13, 2025
’n Helikopter van die Namibiese polisie, saam met die honde-eenheid, is na die Sesriem-omgewing ontplooi om te help met ’n soektog na ’n 82-jarige Switserse toeris. Die man is sedert Sondag soek en ten spyte van voortdurende pogings sedert die begin van die week, was daar nog geen sukses nie. Kosmos 94.1 Nuus het met […]
Ses verskyn op klagtes van diefstal van mielies - March 13, 2025
Ses verdagtes, tussen die ouderdomme van 18 en 26, sal vandag in die landdroshof op Rundu verskyn op aanklagte van diefstal. Dit kom na hulle vermoedelik mielies by die Musese-besproeiingskema in Nzinze in die Kavango Wes-streek gesteel het. Die polisie sê 196 mielieplante is geoes en die graan word op 2 352 Namibiese dollar beraam. […]
Enoch gee R5 miljard ekstra vir SANW in DRK - March 13, 2025
Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, het 5 miljard Suid-Afrikaanse rand bewillig ter ondersteuning van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag se vredespogings in die Demokratiese Republiek die Kongo. Dit vorm deel van die breër toekenning van 9 miljard rand vir sekerheidsfunksies, insluitend befondsing vir korrektiewe dienste. Godongwana het tydens sy begrotingstoespraak gesê pogings om die weermag […]
Tiger Woods se storie word rolprent - March 13, 2025
Amazon MGM Studios werk aan ‘n biografiese rolprent oor die lewe van die 15-malige Major-gholfkampioen, Tiger Woods. Dit is ‘n aanpassing van Kevin Cook se biografie, The Tiger Slam. Die film fokus op Woods se grootste prestasie, toe hy die 2000 Amerikaanse en Britse Ope en die PGA kampioenskap gewen het asook die 2001 Meesters […]
NamRA wen met sy fluitjieblaser-lyn - March 13, 2025
Die Namibië Inkomsteagentskap, NamRA, het 3,4 miljoen Namibiese dollar van net drie maatskappye verhaal deur sy anonieme fluitjieblaas-lyn, wat in Mei verlede jaar geloods is en deur Deloitte Namibië bestuur word. Die lyn het 60 verslae ontvang oor kwessies soos bedrog, korrupsie, belastingontduiking en geldwassery, wat tot 15,8 miljoen dollar se beoordelings gelei het. NamRA […]
Malawi-hof keur Bushiri-uitlewering goed - March 13, 2025
Die buurland se ministerie van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling het die plaaslike landdroshof in Malawi se uitspraak verwelkom waarin goedkeuring gegee word om die selfverklaarde profeet en bedrogbeskuldigde, Shepherd Bushiri en sy vrou, Mary, uit te lewer. Die egpaar het in 2020 uit Suid-Afrika gevlug toe hulle tereggestaan het op verskeie strafregtelike aanklagte, insluitend verkragting […]
Geen vergeldingstariewe teen VSA nie – Starmer - March 13, 2025
Die Britse eerste minister, Keir Starmer sê hy is teleurgesteld dat staal- en aluminium-uitvoere na Amerika nou onderhewig is aan tariewe. Die wêreldwye tariewe het Woensdag van krag geword met ‘n vaste heffing van 25-persent op staal en aluminium wat Amerika binnekom. Dié stap deur president Donald Trump is gemik op die beskerming van Amerikaanse […]
Indian Wells: Alcaraz deur na laaste 8 - March 13, 2025
Die verdedigende kampioen Carlos Alcaraz is die vierde agtereenvolgende jaar deur na die kwarteindstryd van die Indian Wells Meesters. Die Spanjaard het maklik met 6-1, 6-1 Grigor Dimitrov van Bulgarye getroef en pak volgende Francisco Cerundolo van Argentinië, wat met 7-5, 6-3 klaargespeel het met die Australiër Alex de Minaur. Alcaraz hoop om die toernooi […]
Plan vir Etunda-voerkraal weer herlewe - March 13, 2025
Die landbouministerie beplan om ‘n voerkraal vir 1 000 bees op te rig by die Etunda-groenskema in die Omusati-streek. In die verband is daar ‘n openbare vergadering op 19 Maart by die skema wat tussen twee en ses namiddag gehou word. Tortoise Omgewingskonsultante is opdrag gegee om die omgewingsklaring vir die projek te hanteer. Die […]
Nuwe benadering vir GBV nodig - March 13, 2025
Die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing het saam met die Deutche Welle Akademie, die Duitse Samewerking-organisasie, GIZ, die Namibia Media Trust, en die Europese Unie ‘n openbare diskoers-beleidvergadering aangebied oor geslagsgebaseerde geweld met die naam New Voices New Narratives. Die instituut het ook ‘n gemeenskapsprojek oor hierdie geweld in die Hardap-streek geloods genaamd Step Up Ark. […]