Damme neem steeds water inApril 9, 2025

Die land se damme vertoon steeds beter en teen vanoggend agt-uur het Von Bach op 79,3 persent gestaan met Swakoppoort op 101,5 persent. Die sliksluis is steeds oop. Omatako is 82,8 persent vol. Die Omdeldam is 29,4 persent vol. In die suide is Hardap tans op 77,9 persent met Naute wat op 101,7 persent staan. Die sluise wat Dinsdagoggend getrek is, is sewe-uur namiddag toegetrek. Neckartal loop steeds oor en staan op 101,5 persent met meer as ‘n miljoen kubieke meter water wat in die Visrivier uitgeloop het. Die reën het vir nou na die ooste beweeg en behoort vir die week weg te wees.