
Bome in die Amasone bou kwik op oor goudmyne - April 9, 2025
Bome in die Amasone neem kwik op weens besoedeling deur kleinskaalse goudmyne en bied ʼn nuwe manier om onwettige bedrywighede te monitor. Navorsers sê giftige metaal wat vrygestel word wanneer myners mengsels van kwik en goud verbrand, laat ʼn chemiese vingerafdruk in bome se jaarringe. Volgens New Scientist kan hierdie metode met verloop van tyd […]
Arsenal skop Real Madrid se bas - April 9, 2025
Arsenal het Real Madrid met 3-0 verslaan in die eerste deel van die Kampioeneliga-kwarteindronde by die Emirates-stadion in Londen. Declan Rice het twee vryskoppe aangeteken en Mikel Merino het ʼn derde bygevoeg. Dit gee die Gunners ʼn goeie kans om die halfeindronde te haal. In Duitsland het Inter Milan ʼn 2-1-sege oor Bayern Munich behaal […]
Klimaataksie, werksgeleenthede by landbou bespreek - April 9, 2025
Namibië beoog om in lyn met Visie 2030 en die Harambee-welvaartplan 2, kweekhuisgasvrystellings met 65 persent te sny en koolstofputte met 5 000 metrieke ton te verhoog. Tot dusver het die land 4 miljard Namibiese dollar aan klimaatsfinansiering verkry, met huidige projekte wat 1,3 miljard dollar beloop. Om toegang tot klimaatsfinansiering te verhoog, is plaaslike […]
Trump het tariewe verkeerd geïmplementeer - April 9, 2025
‘n Ekonoom wie se werk die Amerikaanse president, Donald Trump, se administrasie aangehaal het om tariewe te regverdig, sê amptenare het die navorsing wanvertolk en die tariewe moes hoogstens ‘n kwart wees van wat die Withuis aangekondig het. Brent Neiman, wat onder oudpresident Joe Biden ‘n amptenaar van die Amerikaanse Tesourie was, het in 2021 […]
Oekraïne neem twee Chinese soldate gevange - April 9, 2025
Die Oekraïnse president, Volodymyr Zelensky, sê twee Chinese soldate is gevange geneem waar hulle saam met Russiese soldate in die ooste van Oekraïne geveg het. Hy sê hy het amptenare beveel om ‘n verduideliking van Beijing te eis. China is ‘n bondgenoot van Rusland en word beskuldig dat hy help in die oorlog teen Oekraïne. […]
Woods sal kortbaan by Augusta ontwikkel - April 9, 2025
Die vyftienmalige major-wenner Tiger Woods gaan saam met die Augusta Nasionale gholfklub in Augusta werk om ‘n nege-putjie kortbaan te ontwerp. Woods se argiteksfirma, TGR Design, sal die nuwe baan bou as deel van ‘n opknappingsprogram by die Augusta Munisipale Gholfbaan. Daarbenewens, sal Woods se TGR-stigting sy vierde Leerlaboratorium in Augusta open, wat toegang tot […]
Hans-Kaumbi oorhandig Amushehelo se dringende aansoek aan diensregter - April 9, 2025
Hoërhofregter Doris Hans-Kaumbi het die dringende aansoek deur die polisiehoof luitenant-generaal Joseph Shikongo teen NEFF-aktivis Michael Amushelelo oorhandig aan die regter wat môre aan diens sal wees. Sy het ook beveel dat die aansoek môre om nege-uur gehoor sal word. Dit kom na Amushelelo aangedui het hy sal ‘n mosie bring vir haar onttrekking, wat op die regstelsel geliasseer is […]
Nama-jeugberaad begin vandag - April 9, 2025
Die Nama Tradisionele Leiersvereniging hou vandag tot Vrydag sy eerste jeugberaad in die Waterfront-ouditorium in Lüderitz aanbied. Die geskiedkundige beraad het ten doel om die jeug te betrek by belangrike besprekings rondom hul geskiedenis en erfenis, en toekomstige geleenthede vir die Nama-bevolking. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Maboss Ortmann, ‘n lid van die vereniging […]
Ramaphosa bepleit beter samewerking tussen publiek, polisie - April 9, 2025
President Cyril Ramaphosa het Suid-Afrikaners versoek om die polisie te ondersteun in die stryd teen misdaad. Ramaphosa het op die Polisieberaad in Kemptonpark gepraat en beklemtoon misdaad raak die hele samelewing en ‘n kollektiewe poging word benodig om dit te kan hokslaan. Ramaphosa het ook erkenning gegee aan die uitdagings wat opkomende bedreigings soos transnasionale […]
China sê Vance beledig met ‘peasant’ aanmerking - April 9, 2025
China het die Amerikaanse visepresident, JD Vance, gekritiseer omdat hy na Chinese mense as “peasants” verwys het in ‘n onderhoud wat wydverspreide reaksie op die internet in China ontketen het, sowel as vergelykings met Vance se eie selfverklaarde “hillbilly” agtergrond. Vance het met Fox News gepraat en president Donald Trump se ingrypende tariewe verdedig. Hy […]