Grootste ysberg breek los in Antarktika

Twee satelliete wat om die pole wentel het bevestig dat die grootste ysberg in die wêreld losgebreek het van ‘n gletser in Antarktika. Volgens die Europese Ruimte-agentskap is die ysberg 175 kilometer lank en 25 kilometer breed. Dit is vir die eerste keer deur die Britse Antarktiese Opname, oftewel die BAS, in die Weddell-see opgemerk […]

Read More

Job wil grond van Ministeries afvat wat niks daarop doen

Stad Windhoek het planne om grond van Namibiese Ministeries terug te neem as hulle nie die grond produktief gebruik nie. Die Burgemeester, Dr. Job Amupanda, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die stad het inwoners wat grond nodig het, terwyl die Minsiteries net op die grond sit en niks doen nie.

Read More

Vyf vermeende veediewe by Okahandja vas

Vyf vermeende veediewe is met 5 vars beeskarkasse op Okahandja vasgetrek wat hulle glo op ‘n kommersiële plaas naby die dorp geslag het. Ná hul huise op die tuindorp deursoek is, het die Nambiese Polisie ook ‘n boorgatwaterpomp en twee sonpanele gevind. Die beeskarkasse se waarde is sowat 108 000 Namibiese dollar. Beslag is gelê […]

Read More

Seminaar vir jeug

Die Salt and Light-boekwinkel op Tsumeb sal op 19 Junie ‘n seminaar hou vir jeug en die aanlyn omgewing. Die seminaar word gehou om die Dag van die Afrika-kind wat op 16 Junie val, te herdenk. Quinton Gaomab, een van die organiseerders…

Read More

Repokoers voordelig vir landbou

Die onveranderde repokoers in Suid-Afrika is voordelig vir die landbousektor in die buurland. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die repokoers onveranderd gelaat op 3,5 persent. Dawie Maree, die Hoof van FNB Agribesigheid het sy reaksie so verwoord.

Read More

Hersiening van beleidsplanne is belangrik

Die Verenigde Nasies se Vennootskapsraamwerk het saam met die Nasionale Beplanningskommissie vroeër vanoggend ontmoet en sosiale transformasie, ekonomiese vordering, goeie bestuur en omgewingsvolhoubaarheid, die 4 pilare van die Harmabee welvaartsplan, hersien. Obeth Kandjoze, die Direkteur-Generaal van die kommissie, sê dit is belangrik om jaarliks die planne te hersien om te verseker dat beleidsrigtings korrek is.

Read More

Cotton-on help met inenting

‘n Gewilde klere-kleinhandelaar in Suid-Afrika het sy wêreldwye fondsinsamelingsveldtog van stapel gestuur om Unicef se inentingsveldtog te ondersteun. Cotton On-winkels in Suid-Afrika sal produkte van die Cotton On-stigting verkoop om Unicef te help om een miljoen inentings beskikbaar te stel as deel van die globale Covax-veldtog. Die Suid-Afrikaanse akteur en ambassadeur van die Cotton On-stigting, […]

Read More

EU sal 100 miljoen dosisse skenk

Die President van die Europese Kommissie Ursula von der Leyen het aangekondig dat die Europese Unie ten minste 100 miljoen dosisse entstof aan arm lande voor die einde van die jaar skenk. Beide lae- en middel-inkomste lande sal voordeel uit die skenking kan trek.

Read More

Inenting: ja of nee?

Tot dusver, is 59 114 Namibiërs teen Covid ingeënt. Die tempo is stadig maar seker. Kosmos 94.1 Nuus het luisteraars gepols oor of hulle reeds ingeënt is en indien nie, sou hulle wel die inspuiting kry en dit is wat hulle te sê gehad het.

Read More

Jeugliga maak fout – PDM

Reaksie word ontvang op aanmerkings deur die Swapo-jeugliga dat homoseksualiteit demonies en satanies is. Die Sekretaris-Generaal van die liga, Ephraim Nekongo het gesê die beywering vir die wettiging daarvan is kommerwekkend. Die PDM-party spreek die regte van die LGBTQ-gemeenskap in sy manifes aan en die Sekretaris-Generaal Manuel Ngaringombe sê Nekongo het ‘n fout begaan met […]

Read More