Cotton-on help met inenting

‘n Gewilde klere-kleinhandelaar in Suid-Afrika het sy wêreldwye fondsinsamelingsveldtog van stapel gestuur om Unicef se inentingsveldtog te ondersteun. Cotton On-winkels in Suid-Afrika sal produkte van die Cotton On-stigting verkoop om Unicef te help om een miljoen inentings beskikbaar te stel as deel van die globale Covax-veldtog. Die Suid-Afrikaanse akteur en ambassadeur van die Cotton On-stigting, Nomzamo Mbatha, sê elke persoon moet toegang hê tot die inentings. Unicef Suid-Afrika ondersteun die Departement van Gesondheid deur die opleiding van mediese werkers, kouekettingbestuur en data-ontleding.