Vyf vermeende veediewe by Okahandja vas

Vyf vermeende veediewe is met 5 vars beeskarkasse op Okahandja vasgetrek wat hulle glo op ‘n kommersiële plaas naby die dorp geslag het. Ná hul huise op die tuindorp deursoek is, het die Nambiese Polisie ook ‘n boorgatwaterpomp en twee sonpanele gevind. Die beeskarkasse se waarde is sowat 108 000 Namibiese dollar. Beslag is gelê op die voertuig wat tydens die misdaad gebruik is, asook die ander gesteelde goedere ter waarde van 60 000 Namibiese dollar. Die verdagtes sal Maandag in die Okahandja-landdroshof op klagte van diefstal, betreding en veediefstal verskyn.