Job wil grond van Ministeries afvat wat niks daarop doen

Stad Windhoek het planne om grond van Namibiese Ministeries terug te neem as hulle nie die grond produktief gebruik nie. Die Burgemeester, Dr. Job Amupanda, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die stad het inwoners wat grond nodig het, terwyl die Minsiteries net op die grond sit en niks doen nie.