Trump en Putin gesels vandagMay 19, 2025
Die Amerikaanse president Donald Trump sal vandag met die Russiese president Vladimir Putin per telefoon praat oor vrede in die Oekraïne. Europese leiers eis dat die Kremlin ‘n onmiddellike wapenstilstand aanvaar om die streek se dodelikste konflik sedert die Tweede Wêreldoorlog te stop. Trump, wat sê hy wil as ‘n vredemaker onthou word, het herhaaldelik ‘n einde aan wat hy as ‘n bloedbad beskryf, geëis. Onder druk van Trump het afgevaardigdes van die strydende lande verlede week in Istanboel vir die eerste keer sedert Maart 2022 vergader.