
Britse brandweer red koei uit boom - September 4, 2022
‘n Brandweerspan in Engeland kon daarin slaag om ‘n koei uit ‘n boom te verwyder nadat die dier ʼn klein probleempie teëgekom het. Die bemanning van Hampshire en Isle of Wight se Brand en Redding het skertsend gesê die voorval was ʼn uitdaging op vier bene, nadat hulle ure lank geswoeg het om die koei […]
Swapo Party Jeugliga se sentrale komitee vergader - September 4, 2022
Die Swapo Party Jeugliga se sentrale komitee kom in die hoofstad byeen en sal na verwagting lede van die nasionale uitvoerende komitee en 15 afgevaardigdes kies wat sy vaandel by die komende Swapo-verkiesingskongres sal dra. Swapo se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, het die hoofrede gelewer. Sy sê haar teenwoordigheid by die jeugliga se vergadering is nie […]
Plaaslike held vir internasionale toekenning genomineer - September 4, 2022
’n Plaaslike held ding mee om ‘n internasionale toekenning na aanleiding van sy wonderlike werk wat hy in plaaslike gemeenskappe doen. Samuel Kapepo, wat ‘n sopkombuis vir kinders in Freedomland en die omliggende gebiede in Katutura bestuur, is genomineer as die beste humanitêre verteenwoordiger wat Namibië by die Zambiese Zikomo-toekennings 2022 verteenwoordig. Die Zikomo-toekennings is […]
Kommer oor ongeïdentiseerde siekte in Argentinië - September 4, 2022
Vier mense in Argentinië is reeds dood en sowat ses is siek weens ‘n ”ongeïdentifiseerde” siekte, sê Argentynse owerhede. Die Wêreld-gesondheidsorganisasie sê hy monitor die situasie. Die Argentynse ministerie van openbare gesondheid het in ‘n verklaring gesê dat ‘n uitbreking van dubbele longontsteking by ses pasiënte geïdentifiseer is, sonder dat hulle die oorsprong en etiologie […]
Gaan kyk nou Namakwaland se blommeprag - September 4, 2022
Namakwa Toerisme nooi toeriste om Namakwaland in die Noord-Kaap te besoek aangesien Suid-Afrika se lenteveld-blomme amptelik in volle blom is. Die blomme is ‘n trekpleister vir besoekers wat van heinde en ver kom om die blommeprag-bonanza in Augustus en September te besigtig. Die bestuurder van Namakwa Toerisme, Pearl Heyn, sê hulle verwag baie toeriste regdeur […]
VSA vlootvaartuig besoek weer Walvisbaaise hawe - September 4, 2022
Die Amerikaanse Lewis B. Puller-vlootvaartuig, die USS Hershel “Woody” Williams, is op ‘n hawe-besoek in Walvisbaai. Die Hershel “Woody” Williams is die eerste Amerikaanse vlootvaartuig wat aan die verantwoordelikheidsgebied van die VSA se Afrika-bevel toegewys is. Die Chargé d’Affaires van die Amerikaanse ambassade in Namibië, Jessica Long, het die skip en sy bemanning verwelkom. Die […]
Benoemingsproses vir 55ste ANC-konferensie open Donderdag - September 4, 2022
ANC-president Cyril Ramaphosa sê die benoemingsproses vir die komende 55ste nasionale verkiesingskonferensie in Desember sal verseker dat wettige leiers verkies word om in die party te dien. Ramaphosa het tydens die Letsema-veldtog in Delmas, Mpumalanga, gesê die party verwag geen vorm van ontwrigting of geweld nie. Benoemings vir die NUK open Donderdag. Wat die Letsema-veldtog […]
Amerikaner aangekla wat met vliegtuig in Wallmart wou vasvlieg - September 4, 2022
Die vlieënier van ‘n klein vliegtuig wat gedreig het om dit in ‘n Walmart-winkel in Mississippi in die VSA neer te stort, het sonder enige beserings geland. Die polisie-departement in Tupelo, Mississippi, het vroeër gesê hulle het direk met die vlieënier gepraat en die Walmart en vulstasie ontruim. John Quaka, die polisiehoof van Tupelo, het […]
Namibiese leerders kan inskryf vir Besigheidsbytjie-entrepreneurskompetisie - September 4, 2022
AfriForum bied weer vanjaar hul Besigheidbytjies-entrepreneurskompetisie. Dié aanlyn kompetisie het intussen uitgebrei deur voorsiening te maak vir hoërskool-leerders, bekend as Juniorpreneurs, wat ’n passie en kop het vir besigheid. Hierdie jaar spog die Besigheidbytjies-entrepreneurskompetisie met twee splinternuwe kategorieë, naamlik die AfriForum Wêreldwyd-kategorie en die Saai-kategorie. Sandri Olivier van AfriForum sê aan Kosmos 94.1 Nuus die […]
Landelike inwoners kan aansoek doen vir lenings vir sonkragstelsels - September 4, 2022
Die Namibiese ministerie van myne en energie en die Solar Revolving Fund doen ‘n beroep op alle landelike lae-inkomste individue, kleinskaalse boere en mikro-handelaars om aansoek te doen vir die lae-rente-lenings vir sonkrag-stelsels vir hul eie gebruik. Die inisiatief ‘Green People’s Energy for Africa’ is deel van die Marshall-plan met Afrika en het ten doel […]