
Brittanje sê seekatte en inkvisse kan voel - August 9, 2022
Die Britse omgewingsdepartement sê die land sal ‘n wysiging by sy Wetsontwerp op Dierewelsyn byvoeg. Dit sal voorsiening maak vir die herkenning van gevoelige wesens soos seekatte en inkvisse. Volgens ‘n verslag van die London Skool van Ekonomie en Politieke Wetenskappe is bevind dat hierdie diere pyn, plesier, honger en dors kan voel. Volgens die […]
Namibiese toerismeministerie verwelkom Lewis Hamilton - August 9, 2022
Die Namibiese toerismeministerie verwelkom die supersterre wat Namibië besoek. Die ministerie is verheug oor die besoek van die Formule Een-wedrenjaer Lewis Hamilton aan Sossusvlei, ‘n maand na sokkerbestuurder van die Roma-sokkerklub, Jose Mourinho. Die ministerie verwelkom die internasionale blootstelling wat die supersterre aan hul miljoene volgelinge oor Namibië gee. ‘n Namibiese toergids, Joseph Kafunda, sê […]
LPM sê Swapo-lede is skuldig aan haatspraak - August 9, 2022
Die leiers van die Landless People’s Movement, Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb, het vandag ‘n mediakonferensie op Swakopmund gehou. Dit het gefokus op die Swakopmund-tussenverkiesings, asook ander kwessies. Seibeb het verwys na opmerkings van haatspraak wat gemaak is deur verskeie Swapo-lede, insluitende afgetrede generaal Martin Shali en voormalige onderwysminister Katrina Hanse-Himarwa.
Twaalf-jarige seuntjie in Windhoek vermis - August 9, 2022
Die 12-jarige Jeremia Kariseb Forto word sedert Saterdagmiddag in die Sewende Laan-nedersetting in Windhoek vermis. Volgens sy ma, Renate Karises, het hy saam met ander kinders gaan speel. Jeremia het ’n grys baadje met silwer op die moue, ’n blou broek en wit en blou hemp aangehad. Hy kan Damara/Nama en Afrikaans praat en is […]
Francois Burger bied praatjie oor geitjies se geluide aan - August 9, 2022
Francois Burger gaan vanaand ‘n praatjie by die Wetenskaplike Vereniging van Namibië hou oor die verrassende diversiteit van geitjies se geluide. Drie spesies word tans herken, elk met ‘n ander roep. Maar onlangse navorsing toon daar is verdere verskille in hul geluide en genetika. Dit het verskeie nuwe, onbeskrewe spesies aan die lig gebring, wat […]
All Black-speler sê span ignoreer ondersteuners se kritiek - August 9, 2022
Richie Mo’unga sê die All Blacks probeer om hul ontevrede ondersteuners se kritiek te ignoreer en eerder daarop te fokus om die Springbokke Saterdag op Ellispark in Johannesburg te klop. Mo’unga was nie in die Nieu-Seelanders se beginspan vir die laaste drie wedstryde nie, met Baueden Barrett wat bo hom op losskakel verkies is. Die […]
Fluitjieblasers se uitdagings onder die loep - August 9, 2022
Die Platform To Protect Whistleblowers in Africa in vennootskap met die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing, Namibiese Instituut vir Demokrasie en die Whistleblowing International Network bied vandag ‘n fluitjieblaser-beskermingswerksessie in Windhoek aan. Nelao Alexander, ‘n direkteur by die regsfirma Sisa Namandje het gepraat oor die keersy van die muntstuk vir fluitjieblasers, insluitend potensiële gevare wat hulle […]
Oud-ambassadeur bring hulde aan wyle Jane Katjavivi - August 9, 2022
Huldeblyke stroom in na die dood van Jane Katjavivi, die vrou van die speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi. Sy was 70. Die besonderhede rondom haar sterfte is onbekend met die Nasionale Vergadering wat net bevestig het dat sy gesterf het op ‘n vlug van Windhoek saam met haar man. Die voormalige Suid-Afrikaanse […]
Operasie Lungameni ‘n reuse-sukses - August 9, 2022
Die nuut aangestelde Oshana-streekbevelvoerder van die Namibiese polisie, kommissaris Naftal Lungameni Sakaria, het ‘n veldtog van stapel gestuur om misdaad uit te roei en wet en orde in die streek te handhaaf. Altesaam 107 polisiebeamptes het aan Operasie Lungameni Fase 1 in die streek deelgeneem. Altesaam 38 verkeerskaartjies ter waarde van 40 000 Namibiese dollar […]
Beurtkrag dreig al weer in SA - August 9, 2022
Net twee dae nadat beurtkrag opgehef is, dreig dit al weer. Eskom het self nog geen waarskuwing uitgereik nie, behalwe vir een twiet Maandagaand oor die groot druk op die kragnetwerk, maar syfers oor Eskom se opwekkingsvermoë wys dat die nutsmaatskappy al weer sukkel om genoeg krag op te wek. In die laaste week het […]